TygerBurger Bellville 20161102

Page 17

Woensdag, 2 November 2016

NEWS

Tarryn is ’n inspirasie vir lesers AVRIL FILLIES

’n

Groep lesers uit TygerBurger se verspreidingsgebied het ’n ontbyt op Saterdag 22 Oktober op die Altydgedacht-landgoed buite Durbanville gehou ten bate van Kansa. Tarryn Arendse van Brackenfell, ’n oorwinnaar van kanker en nou een van Kansa se ambassadeurs, was die gasspreker by die ontbyt. “Drie jaar gelede is ek op 29-jarige ouderdom met kanker gediagnoseer. Voor die diagnose was ek swanger en onbewus van die kanker, maar is nou in remissie. Ons vrouens is geneig om ons mans en kinders eerste te stel en vergeet om na onsself te kyk,” het sy gesê. Sy het ook gesê dat sy nou baie versigtig is wat sy eet, want nie alle voedsel akkordeer met kanker nie. Sy het ’n dubbele mastektomie ondergaan, leef gesond en is ’n geleentheidspreker by talle saamtrekke waar sy oor haarself en oor Kansa praat. “Ek wil net noem dat jy wat die kankerlyer is, nie al een is wat die paadjie stap nie. Jou gesin, familie en vriende stap die pad saam met jou. “’n Goeie ondersteuningstelsel is ook belangrik. Ek was deur my dokters die keuse gebied om chemoterapie en/of radiumbestraling te ontvang, maar het dit van die hand gewys en net besluit om gesonder te leef,” het Tarryn gesê. Op die ontbyt is Jeunesse, ’n Amerikaanse maatskappy wat gesondheids- en velsorgprodukte vervaardig en versprei, ook bekendgestel. Van die produkte word deur kankerpasiënte en ander gebruik. Dié maatskappy het sowat agttien maande gelede in Suid-Afrika begin sake doen. V Rig navrae aan Christie per e-pos na 911medicare@gmail.com.

Hande nodig by Top se jaarlikse inpakkery Die Toebroodjies vir Oues-projek (Top) sal vanjaar sy jaarlikse inpaksessie van lekkergoed vir seniors hou op Saterdag 10 Desember en hande word benodig om te help. Die groep wat seniors van Bellville en Brackenfell bederf in samewerking met Teahmo, samel elke jaar geld in om ’n roomysbak met heerlike lekkernye te vul. Dit word dan aan bejaardes gegee as ’n Kersgeskenk. Werner Schwella, wat aan die stuur van dié jaarlikse veldtog staan, sê hy sal met die hulp van die span wat help pak, dié bakke op 12 Desember uitdeel. ’n Begunstigde organisasie of organisasies word jaarliks aangewys. Schwella vra weer dat vrywilligers nader staan om die blikke met liefde en lekkernye te help vul. Bydraes ten op sigte van die R32 000-mikpunt om die items aan te koop om die roomysbakke mee te vul, kan ook nog gemaak word. V Kontak Schwella by werner@schwella.co.za met jou besonderhede indien jy belangstel om te help verpak of vir meer inligting.

Pretdraf of -stap by senior sentrum ’n Pretdraf of -stap oor 6 km word vandag vanaf 18:10 by die Bellvillese senior sentrum gehou. Dit begin en eindig by die terrein van Chrismar Villas in Jessiestraat 25 in Chrismar, Bellville. Die sentrum is ’n dienssentum vir ouer persone en het ook ’n afdeling vir verswakte sorg en ’n aftreeoord. Die sentrum is ’n program van Badisa. Die koste vir die pretdraf of -stap is R30 vir volwassenes en hoërskoolleerders en R10 vir laerskoolleerders en jonger. ’n Karnavalatmosfeer met musiek kan te wagte wees met koeldrank, poeding, pannekoek, vetkoek, hamburgers, hoendersosaties, beskuit en boereworsrolle wat te koop aangebied sal word. Vroeë inskrywings vir die pretdraf of -stap is welkom. V Kontak 021 910 1250 vir meer besonderhede.

Pam Rheeder van Kenridge, Leonara Brinch van Parow, Marianne Vermaak van Edgemead, Liesl van der Merwe van Jeunesse en John Rheeder van Kenridge, het die ontbyt bygewoon.

TYGERBURGER Bellville 17

Depressie by groep bespreek Bipolêre gemoedversteuring en depressie word bespreek by die volgende byeenkoms van die depressie- en angsondersteuningsgroep (noordelike voorstede). Die byeenkoms word gehou op Maandag 7 November vanaf 19:15 by die Vredekloofkliniek op die hoek van Wessel Lourensstraat en Koorsboomsingel in Vredekloof. Die spreker is dr. Flippie Oosthuizen, ’n psigiater. Die byeenkoms is slegs vir lyers en hul onmiddellike familielede om vertroulikheid te verseker. Tee of koffie en verversings sal bedien word. Donasies van R1 ten bate van die Elmaraomgeediens sal verwelkom word. V Kontak Bettie McKinnon by 082 391 3909 of Elma Pretorius by 082 708 6213 met navrae.

D’ville-Besigheid hou jaareindgeselligheid

Ander gaste wat die ontbyt bygewoon het, was van links Elna Coetzee van Welgelegen, Anita Goosen van Boston, Hantie Londt van Aurora Dhole, Lindsey van der Westhuizen van Durbanville en Tarryn Arendse van Brackenfell.

Durbanville-Besigheid se jaareindgeselligheid ten bate van Huis Jabes, ’n toevlugoord vir mishandelde vroue en kinders, word op Dinsdag 22 November by Nitida Wines gehou. Bespreek nou reeds ’n tafel vir jou onderneming en geniet ’n gesellige ete met bekende vermaaklikheidskunstenaars soos Dowwe Dolla, Leah van Niekerk en Hannes van Wyk, aanbieder van Kwêla. Dit begin om 18:30 vir 19:00. Drag is elegant. Die koste beloop R5 000 vir ’n tafel met 10 mense. ’n Kontantkroeg sal beskikbaar wees. V Kontak Adri Klindt by 083 564 3313 of per e-pos na adri@sostrust.co.za om kaartjies te bespreek of vir meer inligting.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
TygerBurger Bellville 20161102 by Tygerburger Newspaper - Issuu