TygerBurger Tyger Valley - 5 February 2020

Page 1

TYGER VALLEY

Woensdag, 5 Februarie 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.

TygerBurger

Teken in by www.netwerk24.com.

AANLYNBEDROG: BETALINGSBEWYS VERVALS

Vrou is R6 000 kwyt

Bokkie-redding Net die neusie steek uit van een van die steenbokkies wat op ’n konstruksieperseel gered is. Die bokkies is in kratte na die plaas Groot Phesantekraal vervoer, waar hulle losgelaat is. Lees meer op bladsy 3. FOTO: SURETHA DORSE

ESMÉ ERASMUS @erasmusesme

N

óg ’n slagoffer van Durbanville is haar geld kwyt nadat sy drie selfone aanlyn op Gumtree verkoop het. TygerBurger het kort tevore berig oor ’n ander voorval waarin ’n 18-jarige man van Durbanville Hills R5 000 verloor het toe hy sy Playstation 4 Console op Gumtree te koop geadverteer het (“Man R5 000 kwyt”, 22 Januarie). In albei voorvalle blyk dit die verkopers is bedrieg deurdat die SMS of e-pos met bewys van betaling vals was. In die jongste voorval het ’n vrou (41) van Eversdal op 21 Januarie tussen 12:20 en 14:00 drie selfone geadverteer – R3 000 vir ’n Samsung Galaxy S6 Edge en R1 500 elk vir ’n Samsung J5 en ’n iPhone 5S. Skaars ’n halfuur later het ’n man, ene Oliver, haar op WhatsApp gekontak en laat blyk hy stel belang om die drie selfone te koop. “Hy het met ’n vreemde Afrikaaksent gepraat. Hy het gesê hy sal iemand stuur om die selfone te kom haal,” sê sy. “Ek het ’n e-pos van Nedbank met bewys van betaling ontvang. Dit het vir my geldig gelyk,” sê sy. Sy het ook ’n SMS van haar eie bank, Absa, ontvang dat die bedrag

geld in haar bankrekening inbetaal is – vermoedelik ook vals. “Die koper het my aanmekaar gebel en gesê ek moet die advertensies van Gumtree afhaal. Om die waarheid te sê, hy het my seker tien keer gebel in die tydjie wat ek besig was om een van die selfone skoon te maak,” sê sy. Die man wat die fone kom haal het, het reeds buite in ’n motor gesit en wag. “Hy was binne tien minute nadat ek die bewys van betaling gekry het voor my deur.” Toe sy die volgende oggend haar rekening nagaan om seker te maak die geld is inbetaal, was geen geld inbetaal nie. Sy het nóg ’n dag gewag en die koper gebel. Hy het gesê daar moet seker iewers ’n probleem wees en dat hy haar sou terugbel. “Hy het nooit teruggebel nie en toe ek hom weer wou bel, het hy nie sy foon geantwoord nie. “Ek het vir hom ’n WhatsApp gestuur dat die geld nooit inbetaal is nie; ek kon sien hy het dit gelees, maar hy het nie geantwoord nie. “Toe ek hom ’n boodskap op WhatsApp gestuur het oor hoekom hy nie sy foon antwoord nie, het hy net ’n ‘smiley’ teruggestuur. Ek het hom daarvan beskuldig dat hy my fone gesteel het en hy het geantwoord: ‘I am not a thief,’” sê sy. V Na bladsy 2

POLES

CLAIM YOUR

M A N U FA C T U R E - I N S TA L L - R E TA I L S T O R E - D I R E C T T O P U B L I C STRUCTURAL TIMBER

GARAPA DECKING ALSO DO BALAU & MASSARANDUBA

NOW R330 p.m. T’s & C’s apply

NOW R 5270

KIDDIES WENDY

MASON TOOLS

NOW R125 p.m. T’s & C’s apply

TIMBACORE RUSTIC PICKET FENCING

HARDWARE

Supply and Deliver to the

DIY

HORIZONTAL FENCING STOCK CLEARANCE SALE

All Mason tools with life time guarantee

We Supply and install

NOW R 17 670.00 incl. vat ON RAILWAY SLEEPERS &

On current stock only! T’s & C’s apply OTHER HARDWOOD FURNITURE

HORIZONTAL FENCING


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.