TYGER VALLEY
THE GIFT OF CHOICE
ONLINE AND IN STORE www.stodels.com
Offers valid until 8 December 2019. X1VVL5BM-AL041219
Woensdag, 4 Desember 2019 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
TygerBurger
NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK. Teken in by www.netwerk24.com.
11 tydskrifte + 35 koerante
OPBOUENDE PROJEKTE: DEEL VAN NUWE ORGANISASIE
Tuine kikker paaie op ESMÉ ERASMUS @erasmusesme
’n
Plaaslike weldoener, ’n tuinargitek, se begeerte om die saai eilande, sypaadjies en sywalle van paaie in Durbanville en Bellville te verfraai, het nou gelei tot die stig van ’n nuwe organisasie wat hom met opheffing in dié gemeenskappe wil bemoei. In Julie verlede jaar het Wouter de Kruidenier van De Kruidenier Eksklusiewe Tuine en sy werkers na ure begin om die sirkel tussen De Villiers- en Legato-rylane te beplant. En het hulle sedertdien gewoeker! Stukkie vir stukkie het die tuinwerk op die eilande, sirkels en sywalle van talle paaie uitgekring totdat meeste reeds onder hul towerkwas deurgeloop het. Hulle het nie net nuwe plante aangeplant nie, maar trek orals gereeld onkruid uit en verwyder dooie plante. Dit het talle komplimente en gelukwensinge uitgelok op De Kruidenier Eksklusiewe Tuine se Facebook-blad. De Kruidenier het by navraag aan TygerBurger gesê dis als deel van sy filosofie om die omgewing netjieser te maak en mense se gemoedere te lig. De Kruidenier, wat sku is vir enige publisiteit en glad nie erkenning vir sy werk soek nie, het gesê hy was moeg vir die media se fokus op negatiewe dinge. “Dink net hoe heerlik sal dit wees as daar ’n kanaal op TV kom wat slegs opbouende inhoud uitsaai? Ek kyk al lank nie meer nuus nie, want dit het nie ’n goeie uitwerking op ’n mens nie. “Duisende mense ry daagliks verby ons moeite en al kan net 10 per dag glimlag omdat hul iets moois sien, is dit al die moeite werd,” het hy gesê. Hy het intussen ’n nie-winsgewende organisasie, Christen Aksie Netwerk (CAN), gestig om die publiek se hulp met hierdie projekte te werf. CAN is op 22 Oktober as ’n nieregeringsorganisasie geregistreer. “Ons wil ons openbare werke volhou en nog veel meer met die hulp van die publiek vermag – projekte soos rommel opruim, dierebeskerming, hulp aan die kinderhuis, die herstel van sypaadjies en randstene wat vir
jare lank nie reggemaak word nie. Hierdie is maar ’n paar van die dinge op ons teikenlys,” het hy gesê. Sirkels wat sedert die eerste een beplant en verfraai is, is palmsirkel (voor die Christenskool El Shaddai in Langebergweg); die sirkel in Vissershokweg; die sirkel by die
Cobble Walk-winkelsentrum; die sirkel by die Onafhanklike Skool Curro; en die sirkel in Brackenfell-boulevard. Die eiland vanaf Kendalweg tot by Durbanville-rylaan tot naby die verkeerslig by die kruising met Kerkstraat is ook verfraai. Ook die eiland voor die Durbanville-
brandweer in Louwstraat is opgeknap. “Al die eilande is gedoen – die langste een voor die kerk kort sy laaste paar meter, want ons gruisskenking was uitgeput,” sê hy. Hulle is afhanklik van skenkings van gruis en ander materiaal. V Na bladsy 2
‘Katteglorie’
Infinity, die Elf-wyfiekat van Voné Schreuder van Doordekraal, was Saterdag een van die skaars katsoorte wat geskou is by die internasionale katskou van die Cat Association of Southern Africa (Casa) by die Durbanville-renbaan. Infinity is aangewys as Casa se beste teenoorgesteldegeslag-kat en naasbeste kat op die skou. Infinity het ook die titel as SA Grand-kampioen verwerf. FOTO: ESMÉ ERASMUS
PATIO COLOUR POT
THE GIFT OF CHOICE
WAS 199.95
NOW
CACTUS IN TERRACOTTA BOWL
GIFT VOUCHER
POINSETTIA
2 FOR
NOW
www.stodels.com
WHITE POT
1 STEM
WAS 139.95
EACH
MOTH ORCHID
WAS 169.95
NOW
ONLINE & IN STORE
BUY 1 GET 1 FREE
EACH
FISH BOWL STARTER KIT PLASTIC BOWL
WAS 79.95
NOW
WAS 159.95
NOW
GOLD FISH
VENUS FLY TRAP
EACH
BONSAI GROW KIT
WAS 19.95
NOW
WAS 139.95
NOW EACH
WAS 139.95
NOW EACH
Bellville 021 919 1106 | Milnerton 021 528 4000 | Kenilworth 021 671 9050 | Bergvliet 021 794 2221 | Somerset West 021 852 7400 Offers valid until 8 December 2019. While stocks last.