TygerBurger Tyger Valley - 18 September 2019

Page 1

TYGER VALLEY

Woensdag, 18 September 2019 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

TygerBurger

11 11tydskrifte tydskrifte++35 35koerante koerante

Netwerk24. Netwerk24.Alles Allesop op een een plek. plek.

Teken Tekenininby bywww.netwerk24.com. www.netwerk24.com.

WELGEMOED: TENNIS

Nuwe bane amper voltooi Spreiligte is op die tennisbane aangebring om wedstryde in ekstra tyd af te handel.

AVRIL FILLIES

D

ie opknap en verbetering van die tennisbane en klubhuis van die Welgemoed-tennisklub is byna voltooi en klublede sal binnekort die raket weer lustig kan rondswaai. Volgens Cobus Kellermann, komiteelid van die klub, sluit die verbeteringe van die afgelope drie jaar die instandhouding van die ses buite-houtbanke van toeskouers in, asook die oordoen van drie tennisbane. Die lyne van al die bane is ook oorgeverf.

“Die vrouens se badkamers is opgeknap, die mure binne-in die klubhuis is gepleister en wit geverf en ’n heining is aangebring van baan vyf tot agt vir veiligheidsdoeleindes. “Die bome aan die gholfbaan se kant is gesnoei en drie bankies en vier sambrele is aangeskaf vir gebruik op die stoep. “Al hierdie verbeteringe kon ons nie aanbring sonder die hulp en kundigheid van mense soos Richard Nunes van Brights in Durbanville en Handry Theron, wat ons webtuiste verbeter het. Nunes het nie net gehelp met die verskillende projekte nie, maar

ook baie persoonlike energie en tyd daarna bestee. “Danksy die ekstra inkomste deur die verhoogde ledegeld, die verhuring van die koffiewinkel en die ander geldinsamelingsprojekte, kon ons nou ook spreiligte op bane 3 en 4 aanbring. “Die spreiligte sal ons toelaat om, indien ekstra-speeltyd nodig is, die wedstryd onder spreiligte af te handel,” het Kellermann gesê. In 2016 het die klub sy eerste ouer-en-kindtennistoernooi aangebied en altesame 42

dubbelspare het ingeskryf en in meer as 200 rondomtalie-wedstryde deelgeneem. “Die doel van hierdie toernooi was vir gesinne om op die tennisbane pret te hê. Spelers het snaakse name vir hul spanne gekies soos Smoken Aces, Mid-Court Crisis, Shanks-a-lot en One Hit Wonders om die toernooi meer feestelik te maak. “Die dag is afgesluit met ’n spitbraai vir 115 mense by die klub en speletjies vir die kinders onder spreiligte,” het Kellermann gesê. V Na bladsy 2.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.