TYGERVALLEI
APPLY NOW!
INSTITUTE OF APPLIED ARCHITECTURE
TYGERVALLEY & CLAREMONT
CERTIFICATES (NQF 4&5) DIPLOMAS (NQF 6) ADVANCED DIPLOMAS (NQF 7)
www.cad4all.co.za Woensdag, 18 November 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
TygerBurger
Die Campher-gesin van Hagar’s Choice is hier saam met party van die kinders wat tydelik in hul sorg geplaas is (en daarom nie geïdentifiseer kan word nie). Die familie sê hulle vier vandeesmaand die hele maand Aannemingsmaand.
HAGAR’S CHOICE: ’N PLEK VAN VEILIGHEID
Kollig op aanneming NIELEN DE KLERK @nielendk
O
or die wêreld heen het gesinne, pleegsorghuise en ander instansies die afgelope maand tyd afgestaan om oor aanneming te besin. Internasionale Aannemingsdag is op 9 November gevier en Hagar’s Choice, ’n plek van veiligheid vir babas en kleuters in nood in Bellville, sê hulle vier eintlik die hele maand voluit. “Baie van ons kinders en babas word aangeneem en dus vier ons ... met die hoop om bewusmaking te kweek, veral omdat baie van ons babas internasionaal geplaas is.
Kom ons vier al die nuwe gesinne wat bymekaar gevoeg is,” sê Thinus Campher van dié organisasie. Die organisasie, wat deur ’n gesin uit hul huis bestuur word, het al oor die afgelope ses jaar na altesaam 95 kinders omgesien. Dit het beteken die gesin en hul vier kinders (van wie een aangeneem is) moet almal inspring om met die kinders te help – meestal uit hul eie sak.
‘Delikaat, maar spesiaal’ Die aanneming van ’n kind is egter nie almal beskore nie en die organisasie sê ’n mens kan op ander maniere betrokke raak. “Neem ’n kind aan. As jy nie kan aanneem
nie, wees ’n voog. “As jy nie ’n voog kan wees nie, gee ’n donasie en as jy dít nie kan doen nie, deel die nuus.” Thinus sê hul eie aannemingspad was spesiaal, maar ook ’n delikate proses, “wat ’n mens na die diep dele van jou hart dwing. Ek voel dis tydens dié proses dat die groter prentjie van die lewe meer realisties word. Aanneming sluit dalk kamers van jou hart oop wat jy nie eens geweet het jy het nie.” Cara Hartley, wat oorspronklik van Durbanville kom, stem saam. Sy en haar man, Ryan, het hul eersteling, ’n seuntjie, in 2018 aangeneem. “Dit maak jou oë oop vir mense se lewens-
ervarings op ’n totally nuwe manier – meer as wat ek verwag het.”
Wye reeks ervarings Cara sê aannemingsmaand moet nie net gevier word om aannemings aan te moedig nie, maar ook om mense bewus te maak van die breë ervaring wat mense met aanneming het – hetsy as kind of as ouer. “Vir party mense verloop die aanneemproses glad en dis ’n positiewe ervaring en ’n mooi storie, maar daar is ook baie mense vir wie aanneming moeilik is – vir die mense wat aangeneem is en die aanneemfamilies.” V Na bladsy 2.