TYGER VALLEY
Woensdag, 17 Februarie 2021 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za
BIANCA FOURIE: VANG NOU SKOENLAPPERS IN DIE HEMEL
Vegtertjie sterf op twaalf
@TygerBurger
TygerBurger
NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.
Teken in by www.netwerk24.com.
Hok toe:
NIELEN DE KLERK @nielendk
D
ie dag wat Bianca Fourie (12) oorlede is, het die son in skakerings van pers gesak. Dit was haar gunstelingkleur. En nou vang sy pers skoenlappers in die hemel. So vertel haar ma, Michele, oor haar dogter wat verlede Sondag om 18:20 oorlede is. Bianca, wat in Oakdale gebly het, het onder meer aan outo-immuun-hepatitis gely, ’n siekte waar die imuunstelsel die lewerselle aanval en inflammasie in die lewer veroorsaak. TygerBurger het voorheen oor Bianca berig (“Skaars hond vir siek meisie,” 27 Maart 2019) toe haar sussie Theandi haar beenmurg vir haar geskenk het. Dit was rondom dié tyd dat ’n weldoener ’n skaars hond aan haar gegee het, nadat hul hond verlore geraak het. Die proses rondom beenmurg-skenking het gemaak dat sy chemoterapie moes ontvang en haar hare het uitgeval. Daarna het sy al beter geword. “September 2019 was haar beste tyd,” sê Michele hartseer. Bianca het egter aan ’n legio ander siektes, soos nefrotiese simdroom, akute miëloïede leukemie en ernstige aplastiese anemie ook gely. Sy het later al sieker geword. Aan die einde van 2019 het sy gesê sy wil nie meer chemo kry nie en haar ouers het haar ondersteun.In Julie 2020 het die gesin haar na die Life Shine Wellness-sentrum in Somerset-Wes geneem. Dis ook hier waar die gesin Woensdag haar lewensviering gehou het. Michele vertel sy het spesiaal ’n vrolike rok gekry om Bianca se opgewekte persoon-
Bianca op ’n verjaarsdagpartytjie. likheid te vier. “Sy was nooit ’n somber mens nie.” Bianca was mal oor sing en musiek, vertel sy. “En sy was so slim.” Michele wil ander aanmoedig om hul kinders te koester terwyl hulle kan, “want dit is kosbaar. It can all change in an instant.” “Haar legacy sal voortleef in haar liedjies wat sy gesing het en die lig wat sy op aarde gehad het.” Enkele dae voor haar dood in Tygerberghospitaal het sy nog aan Michele gesê sy is nou reg. “Jesus het my nodig.” Michele het gesê hulle het haar meer nodig. Die volgende dag het Bianca dit herhaal. Later het sy gesê sy wil doodgaan, maar sy weet nie hoe nie. Haar ma het gesê Jesus sal haar help. Daarna is sy oorlede. Michele het altyd na Bianca verwys as haar “warrior princess”, sê sy. “Nou is sy my ‘angel princess’.” Bianca word oorleef deur Michele, haar pa, Lennard, Theandi en broers Simeon en Josua. Die Fouries wil almal bedank wat hul ondersteun het of iets bygedra het oor die jare.
Ella Odendaal (links) en Emma Claassen, albei vyf jaar oud, was onder duisende graad R-leerders wat die eerste treë van hul skoolloopbaan gegee het toe die skole Maandag heropen het. Ella en Emma is al maats vandat hulle twee jaar oud is en is nou ook saam in graad R by die Pre-primêre Skool Kenridge. FOTO: JOHANITA ODENDAAL