TygerBurger Tyger Valley - 15 January 2020

Page 1

TYGER VALLEY

Woensdag, 15 Januarie 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

TygerBurger

11 tydskrifte + 35 koerante

Netwerk24. Alles op een plek.

Teken in by www.netwerk24.com.

Dirk Streicher is hier by die konsertmarimba wat hy self gebou het. INLAS: Dirk het alles self gebou en ingestel. Hy sê dit was veral moeilik om die note só te sny dat hulle die regte klank weergee. FOTO’S: NIELEN DE KLERK

5 OKTAWE, 61 NOTE... KOMPLEKSE UITDAGING NEEM DRIE JAAR

Man bou marimba tuis NIELEN DE KLERK @nielendk

P

arty mense beskou visvang as die perfekte ding om mee te ontspan; ander versamel muntstukke as ’n stokperd-

jie. Dirk Streicher (61) van Eversdal is nie een van daardie mense nie. Die perfekte uitdaging vir hom is om ’n konsertmarimba te bou – met al die nodige komplekse wiskundige uitdagings wat daarmee gepaardgaan. En dit is sonder dat hy self enige instru-

mente bespeel. Dirk, wat as ’n siviele ingenieur opgelei is, is gewoond aan ’n lewe met ’n mengelmoes van uitdagings en belangstellings. Hy is onder meer betrokke by eiendomsontwikkeling, brandnavorsing by die Universiteit Stellenbosch en die verkoop van kompressors. Jare lank het hy ook spesialisskrynwerkery beoefen. Dit was daarom nie juis vir sy naastes ’n groot verrassing toe hy aankondig hy wil ’n konsertmarimba bou nie. Hy het hoeka eintlik kort tevore ’n kontrabas klaar gebou. “My suster (die kunsjoernalis Elretha

Britz) is in die musiekbedryf,” vertel hy. Britz se dogter, Zanelle, is lid van die Kaapse Filharmoniese Orkes, waar sy kontrabas speel. Sowat vier jaar gelede het hy binne ’n jaar vir haar ’n kontrabas gebou. Toe sy suster met hom praat oor die perkussielesse wat sy neem, het sy genoem ’n kennis is op soek na ’n konsertmarimba. Dit sou maklik wees, het Dirk gereken, en besluit om sommer self een te bou. Dit was toe meer van ’n uitdaging as wat hy ooit kon raai en dié instrument het hom ’n volle drie jaar besig gehou. In teenstelling met ’n kontrabas was daar

Saltwater Grill Durbanville

nie regtig volop hulpmiddels om ’n konsertmarimba in ’n Suid-Afrikaanse omgewing te bou nie. En ’n konsertmarimba is baie meer kompleks as ’n gewone marimba. Dit het onder meer vyf oktawe en 61 note. Dirk moes ’n klomp verskillende faktore in berekening hou toe hy die marimba gebou het – van die tipe hout wat beskikbaar is, tot hoe die note gesny moet word sodat dit die vorm en kurwe het om die regte noot te speel. Boonop het die resonator (boks) ’n groot invloed op die klank. V Na bladsy 2


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.