TYGER VALLEY
X1W1NJDW-AL120220
Woensdag, 12 Februarie 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.
TygerBurger
Teken in by www.netwerk24.com.
Amper tyd ... Die dirigente en atletiekkapteine is reg vir vanjaar se MTBS-byeenkoms wat op Saterdag 15 Februarie tussen die hoërskole D.F. Malan, Tygerberg, Bellville en Stellenberg plaasvind. Op die foto is (agter van links) Heinrich Crous (atletiekkaptein: D.F. Malan) en Francois Grobler (hoofdirigent: D.F. Malan). Derde ry: Francois Joubert (atletiekkaptein: Stellenberg), Jenna van der Watt (hoofdirigent: Stellenberg), Marga van der Linde (atletiekkaptein: D.F. Malan), Carli Roos (hoofdirigent: D.F. Malan), Handré Carstens (atletiekkaptein: Bellville), Muller Loubser (hoofdirigent: Bellville). Tweede ry: Ingeborg Louw (atletiekkaptein: Stellenberg), René de Villiers (hoofdirigent: Stellenberg), Sean Coetzee (hoofdirigent: Tygerberg), Jadon Bruintjies (atletiekkaptein: Tygerberg), Elzani Gelderbloem (atletiekkaptein: Bellville) en Milan Coetzee (hoofdirigent: Bellville). Voor is Jessica Kleinbooi (hoofdirigent: Tygerberg) en Lize-Mari Gerber (atletiekkaptein: Tygerberg). Die pawiljoenvertoning sal van 09:00 tot 09:45 in die Kaapstad-stadion plaasvind. Kaartjies vir die pawiljoenvertoning is by Computicet beskikbaar en kos R60 (R30 vir voorskoolse kinders). Die atletiekbyeenkoms sal van 11:00 tot 19:00 in die Groenpunt-stadion plaasvind. Toegang is R20. FOTO: EARL HAUPT
KENRIDGE: HAWELOSES ‘VOORTDUREND GEVIKTIMISEER’
‘Met ontlasting gegooi’ NIELEN DE KLERK @nielendk
H
ulle wil niemand pla nie, maar is ook net mense, sê ’n groep hawelose mense wat oorkant ’n hotel in Kenridge bly. Die drie, Gloria Davids (32), haar lewensmaat Niklaas Steyn (32) en Jonathan May
(50), sê hulle word voortdurend geviktimiseer en is selfs onlangs met ontlasting gegooi. Die groep sê daar is veral een ouer man met ’n wit bakkie wat probeer om hul lewens hel te maak. Dit is hy wat glo die ontlasting gegooi het, maar hy het ook al gedreig om hulle met petrol te gooi en aan die brand te
steek. TygerBurger kon nie daarin slaag om die man op te spoor nie. Geordie Hogarth van die Kenridge Neighbourhood Initiative (KNI) sê dit was beslis nie iets wat deur hulle goedgekeur is nie. Stephen Swartz, operasionele bestuurder van CNI security, sê ook hulle weet nie wie die man is nie.
“Daar is baie ouer mans met wit bakkies.” Die groep se griewe het egter ’n kollig geplaas op die haweloses in die area en die buurt se frustrasie met hulle. Hogarth sê die irritasie in die buurt loop hoog, veral omdat die haweloses rommel strooi en die KNI self betaal om dit te laat skoonmaak. V Na bladsy 2
WINELANDS PORK CITY Butchery & Abattoir | Export Approved Quality South African Pork
VALENTINE’S DAY SPECIALS QUARTER PORK BAGS (INCL. STEW) @ R43.00/KG WHOLE OR (LENGTH) HALF BACONERS @ R43.00/KG SHOULDER ROAST BONE-IN RIND-ON @ R49.00/KG Prices valid from 10 Feb – 15 Feb 2020. Prices include VAT. While stocks last.
Feeling lucky? Visit our Facebook page and enter our Valentine’s Competition today! + 27 945 2428
butcher y@wlpork.co.za
La Belle Road, Stikland
@winelandsporkcity
The prices portrayed on this advertisement are the result of regular price checks. While every effort is made to reflect prices accurately. Winelands Pork accepts no liability for inaccuraies. All images shown are for display purposes only. Actual product may very. CONSUMER PROTECTION ACT. (E&OE)