TABLE VIEW
LOOKING FOR A NEW BED ?
IT’S TIME TO ADJUST YOUR PERCEPTIONS. By the makers of Sealy Posturepedic ®
Visit our website:
.za o c . r e g r u b r e g www.ty Adjustable Desig�er Series Now available @ BELLVILLE - 021 944 3330
Woensdag, 29 Mei 2013 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za | www.tygerburger.co.za
Cornelia Saal (93) word deur Amanda van Heerden in die SA Paramedics Servicesambulans gelaai. FOTO’: ANDRÉ BAKKES
WELWILLENDHEID: 93JARIGE WEER TERUG IN HAAR ‘WÊRELD’
Ouma se droom waar ANDRÉ BAKKES
D
áár op die plaas in Aurora het ouma Cornelia Saal (93) altesaam 25 jaar lank bloed gesweet. Verlede week het sy met die welwillendheid van vreemdelinge, weer eens haarself op dié plaas bevind. Hierdie keer was die trane in haar oë nie te danke aan smart nie, maar aan die vooruitsig om die plaas weer te besoek. Haar 93 jaar op God se aarde het só vinnig verbygeflits! ’n Weldoener het ’n ambulansdiens genader en wonder bo wonder was die bedlêende
Cornelia van Atlantis se grootste wens bewaarheid – sy is al die pad vervoer na Aurora. “Ek weet nie wie vir alles betaal het nie!” sê die energieke en vlymskerp Cornelia. “Miskien was dit die liewe Here!” Sy lag uitbundig.
Oudste vriendin Daar aan die verre Weskus het sy die dag deurgebring met haar oudste vriendin, een van haar dogters, twee paramedici, die weldoener en haar vriend. ’n Paar honderd kilometer later is sy weer afgelaai by haar huisie in Atlantis – vol dankbaarheid en nuwe herinneringe.
“Ooo! Dit was só spesiaal! Ek weet nie eens hoe om dankie te sê vir almal wat my wens waar gemaak het nie,” sê sy. Cornelia is Donderdagoggend met ’n SA Paramedics Services-ambulans opgetel en weer omstreeks 17:00 afgelaai. Die TygerBurger was in Atlantis toe die groot avontuur begin het, en dit was duidelik dat die oomblik sommer baie groot vir Cornelia was. Terwyl sy in die ambulans gehelp is, het sy so tussen die hoesery verduidelik: “Ek het altyd kaalvoet geloop! Toe ek 12 jaar oud was, het ek my eerste paar skoene gekry. Toe spot hulle my en toe trek ek hulle uit en sit dit
onder ’n bossie! Hulle is vandag nog daar!”
Een van redes Dit was een van die redes hoekom Cornelia na soveel jare weer wou teruggaan – om die skoene te kry! Sy lê skeef op die ambulansbed en haar wolmussie gee haar probleme. Sy hoes weer en sê: “Die kêppie wil dan rondom my kop skuif.” Cornelia gaan voort: “Ek is nou amper té opgewonde, want ek gaan na my wêreld! As ek tog net kon gestap het. Ek wil na die kamer gaan waar ek geslaap het.” V Na bladsy 2.
Always First with Quality & Choice! BULK Stewing beef
29.99 p/kg
Pork Shoulder Ribs (Plain / Spiced)
19.99
p/kg
Smoked Turkey Soup Pieces
Prices valid at all Brito’s stores from Tuesday 28 May until Saturday 01 June 2013. While Stocks Last. E&OE
15.99
500g Pork Bangers
p/kg
Brito’s Meat Centres Customer Information: Tel: 021 950 1000. Address: Cilmor Street, Kaymor, Stikland, 7535. www.britos.co.za
12.99 each
1.5kg French Polony
18.99 each