Tygerburger Ravensmead & Belhar 28 March 2012

Page 1

RAVENSMEAD / BELHAR

B u r g e r E-pos: tyger@dieburger.com

Woensdag 28 Maart 2012

Tel: 021 910 6500

Faks: 021 910 6501

) Skietdrama by OTM­roof

Dit was so hittete... nek gehad in die Kongo. Ek kon maklik stil lê.” Dis toe dat Frincis vir Coenraad, wat naby die winkel bly, bel. “Ons het afgejaag terwyl Luke die polisie bel. Toe hoor ons ’n helse slag. Toe sê Luke: ‘Pa, daar gaan die ATM’,” het Coenraad vertel. Daar was oral rook en stof en skrapnel en hulle kon nie mooi sien toe hulle die parkeerplek voor die winkel binnery nie. Toe hulle langs die BMW beland en in daardie breukdeel van ’n sekonde deur die oop bestuurdersvenster sien hoe almal in die voertuig platval, het hulle besef hierdie is nie gewone inbrekers nie. Hulle het onmiddellik versnel, maar die man wat Declau aangehou en op daardie oomblik op die hoek van die winkel gestaan het om dekking vir die bomplanters te verskaf, het op hulle losgebrand. “Ek het nog met die polisie gepraat. Ek skree toe net: ‘Hoor jy hulle skiet op ons!’. Die adrenalien het gepomp. Dit het geklink of ek in ’n movie is. Ek het agtergekom ek voel nog okay. Ons het by die agterkant van die parkeerarea uitgery. Die mans het weggejaag. Toe ons omdraai en weer voor die winkel stop, was die polisie langs ons,” het Luke vertel. Eers het hulle gedink daar was meer skote, want een koeëlpunt wat deur gepantserde metaal kan dring, is by die agterkant van die bakkie in – reg in lyn met Coenraad, wat bestuur het – maar het hom nie bereik nie. Nog ’n gat lyk of ’n koeël Luke tussen die blaaie moes tref – maar dit het nie. Uiteindelik is vasgestel dat daar twee skote was: Een skoot was mis. Net een was deur die bakkie. Een koeëlpunt het ’n skroefie aan die agterkant van die bakkie 100% in die middel getref, wat die punt verdeel het. Die een deel het agter Luke opgeslaan en die ander het aan die kant van die bakkie uitgekom. . Na bladsy 2.

MARANA BRAND VAN HULSTEYN

’n Skroef van 4 cm lank is moontlik al wat Maandagoggend omstreeks 02:30 tussen die koeëlpunt van ’n AK47 en Coenraad Groenewald se lewe gestaan het. “Vanaand gaan ek eers lánk bid, en dan iets drink,” het ’n moeë Coenraad, eienaar van die De Tyger Kwik Spar in Frans Conradie, waar die Absa-kitsbank Maandagoggend deur ’n bom verwoes is, aan TygerBurger gesê. Hy en sy skoonseun Luke Geldenhuys, bestuurder van die Kwik Spar, het ter nouernood aan die dood ontkom toe hulle tydens die bomaanval by die Spar opgedaag en die aanvallers op hulle losgebrand het. Hulle het van die aanval te hore gekom toe een van hul sekuriteitswagte, Frincis Nkoy, vir Coenraad gebel het van onder die voertuig waar hy geskuil het. Sy “broer”, Declau Mpukuta, is in daardie stadium met die loop van ’n AK47 teen sy nek, gedwing om te lê en sy oë toe te hou. Frincis was aan die agterkant van die gebou besig om die terrein te bewaak, terwyl Declau aan die voorkant naby die Tygerberg-dierehospitaal gesit het. Declau het gesien hoe ’n blou BMW-driereeks met gerookte ruite twee maal stadig in Frans Conradie verby die winkel ry. Dit moes vir hulle gelyk het of daar niemand by die winkel is nie. Die volgende oomblik het die kar voor die winkel gestop, maar die ligte het op Declau geval en een van hulle het uitgespring en hom platgedruk. Sy selfoon is ook onmiddellik buite aksie gestel, het Declau gesê. “Maar ek het gesien my broer het gesien en toe onder ’n Golf weggekruip. Gelukkig het ek voorheen al twee keer ’n vuurwapen teen my

'n Lid van die polisie se forensiese afdeling versamel bewysstukke tussen die oorblyfsels van die OTM by die De Tyger Kwik Spar. Foto: Shaun Laishley

easter sale

TROLLEY FOR TROLLEY WE ARE CHEAPER. PROVE IT TO YOURSELF! Prices valid from 28 March until Easter Monday 9 april 2012 or while stocks last

CLOSED ON GOOD FRIDAY 6 APRIL

Hot Cross Buns 6’s foil pack

Rainbow Chicken Freezerbags 2kg

8 30

99

99

Beacons Marshmallow Easter Eggs 48’s

Marvello Margarine 500g

4999 10

99

Spice Mecca Pickle Fish Mix 25g

Fusion - milk blend concentrate 1Lt makes 8Lt

499 5

89

Super V Vinegar 750ml

Coke, Sparlettas, Twists & all flavours 1,5Lt

329 769

Excludes R2 Refundable Deposit

D’Lite Cooking Oil 2Lt

2499

1499

Golden Cloud Cake Flour 2,5kg

QUALITY YOU CAN TASTE Whole and Half Lambs

Large variety of cold meats available

ALWAYS AVAILABLE AT THE

Sunlight Liquid 750ml

Arundel Drive, Ext 19 (Self Help), Belhar (past Belhar Police Station) • Tel: WE RESERVE THE RIGHT TO LIMIT QUANTITIES • START SAVING FOR EID AND CHRISTMAS. BUY OUR SAVING STAMPS FROM AS LITTLE AS R5

16

59

Crystal Sugar 2kg

16

021 952 8286

59

BEST POSSIBLE PRICE!

Trading Hours: Monday to Thursday 9 am to 7 pm • Friday 9 am to 12:30 pm/2:30 pm to 8 pm • Saturday 8 am to 6 pm • Sunday 9 am to 1 pm


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Tygerburger Ravensmead & Belhar 28 March 2012 by Tygerburger Newspaper - Issuu