TygerBurger Ravensmead - 8 July 2020

Page 1

RAVENSMEAD

Woensdag, 8 Julie 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.

TygerBurger

Teken in by www.netwerk24.com.

Ouers en gemeenskapslede betoog by die Hoërskool Florida in Ravensmead omdat hulle voel die skool is nie veilig vir leerders nie. Die leerders is Maandag op versoek van gemeenskapslede huis toe gestuur.

:

Florida sluit oor vrees BRENDEN RUITER @ruitervaniewind

B

ekommerde ouers van skole in Ravensmead het Maandag daarop aangedring dat skole in dié buurt toemaak omdat dit glo nie veilig is vir onderwysers of leerders nie. Die ouers het vreedsame betogings gehou en met die hoofde van die Hoërskool Florida en Laerskool Nebo vergader omdat hulle vir hul kinders se lewe gevrees het. Volgens Jeffrey Oliphant, verteenwoordiger van die bekommerde ouers, wil hulle hê

die onderwysdepartement moet die hele skooljaar opskort. “Een van die onderwysers by Florida is positief vir die koronavirus getoets. Hoe kan ons ons kinders na ’n skool stuur waar iemand positief getoets is? Dit maak nie sin dat hulle kinders se opvoeding bo hul lewens stel nie. Ons versoek was duidelik dat die leerders van Florida huis toe gestuur word en dis toegestaan. Van môre af hoop ons Nebo gaan ook toebly,” sê hy. Graad R-, 6-, en 11-leerders het Maandag vir die eerste keer met skool begin nadat skole in Maart met die begin van die inperking gesluit is. Leerders in graad 7 en 8 het reeds

aan die begin van Junie met skool begin. Reg oor die land is daar twee denkrigtings – diegene wat glo skole moet toe bly, terwyl ander weer daarmee gemaklik is dat kinders skool toe gaan. Die groep ouers van Ravensmead vorm deel van eersgenoemde groep. “Ons probeer nie moeilik wees nie, maar in ’n provinsie soos die Wes-Kaap waar die koronavirus-syfers die hoogte in skiet, is dit malligheid om ons kinders skool toe te stuur. As ’n kind siek word, of nog erger, sterf, wie gaan verantwoordelikheid neem?” vra Oliphant. Bronagh Hammond, woordvoerder van

die Wes-Kaapse Onderwysdepartement, het bevestig dat gemeenskapslede die Hoërskool Florida toegedwing het. “Leerlinge was veilig in hul klaskamers toe die betogers die perseel betree en hulle geforseer het om huis toe te gaan. Dit is gevaarlike en onwettige gedrag. Die betogers het ook probeer om dieselfde by ’n nabygeleë skool doen, maar was onsuksesvol. Hul poging het egter die veiligheid van leerders en onderwysers in gedrang gebring,” sê sy. Volgens Hammond het Florida aan alle gesondheidsprotokol voldoen en was dit nie nodig om die leerders te ontruim nie.

BELHAR

DENTAL CARE

Cnr. Sonata & Organ Avenue, Belhar

TEL: 021 952 2449 • PHONE TO MAKE APPOINTMENTS

WE ARE OPEN

• FILL IN THE COVID-19 CONSENT FORM

FOR ALL YOUR

• FILL IN ALL MEDICAL HISTORY

DENTAL EMERGENCIES

• ALL PATIENTS TO WEAR A MASK

DURING THE

• REDESIGNED WAITING ROOM

COVID-19 PANDEMIC

• TO COMPLY WITH SOCIAL DISTANCING info@capedentalcare.co.za

belhar@capedentalcare.co.za

EERSTERIVER 021 904 0556 • RONDEBOSCH 021 696 4238 • RETREAT 021 715 6955 X1W7X0UD-AL080720


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.