RAVENSMEAD
Woensdag, 3 Junie 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
TygerBurger
NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.
Teken in by www.netwerk24.com.
BELHAR: MENSE SE VEILIGHEID IS BELANGRIKSTE
Moskees bly toe oor koste BRENDEN RUITER @ruitervaniewind
M
oskees in Belhar gaan nie vandeesweek hul deure oopmaak nie. Dit is bevestig in ’n verklaring wat Vrydag deur die Belhar Islamitiese Vereniging uitgereik is. “Die bestuur van al vyf moskees in Belhar het eenparig besluit die moskees gaan toebly,” lui die verklaring. Die verklaring volg op ’n aankondiging deur die regering dat plekke van aanbidding op vlak drie van die inperkingstyd met beperkte dienste kan begin, wat Maandag in werking getree het. Luidens die verklaring is die besluit gebaseer op inligting van die Moslem Juridiese Raad. “Daar is enorme kostes verbonde aan die skoonmaak van die moskees ingevolge die regering se reëls en mediese inligting. Senior mediese personeel is dit eens dat die virus ’n groot risiko vir almal inhou en verwoesting in die wintermaande gaan saai,” lui die verklaring. Imam Abdul Wahab Hamdulay van Belhar sê die imams van Owwal-, Nasrullah-, Badr-, Nurul Hudaa- en Mubarak-moskees het saam besluit dat mense se veiligheid die belangrikste is. “Ons het besluit dat dit beter is om veilig
te speel as wat ons later spyt is. Een van die beginsels van die Islam-geloof is die behoud van lewe en ons wil nie hê mense moet siek word en sterf omdat hulle na die moskee gekom het nie. Daar is ook die ekonomiese impak. Mense sal op verskeie tye moet kom bid en daar sal reiniger vir elke keer moet wees,” sê Hamdulay. Volgens Hamdulay het verskeie ander moskees in onder meer Delft, Goodwood en Kuilsrivier ook nou besluit om hul deure gesluit te hou. “Al laat ons mense 50 op ’n slag inkom, bestaan daar steeds gevaar. “In moskees is matte en die virus kan vir tot drie weke op die matte bly. “Daar was mense wat gesê het ons moet die moskees oopmaak, maar wie gaan verantwoordelikheid neem as mense hul lewens verloor? “In die maand van Ramadaan het een Moslem-man kos in een van die informele nedersettings gaan uitdeel. Hy was net vir 10 minute daar en het die virus opgedoen en amper gesterf. Ons vra dat mense hulself moet veilig hou,” sê Hamdulay. Hy sê uit die aard van sy werk moet hy na plekke gaan en as hy terug huis toe gaan, moet sy beursie, sleutels en sy bril gereinig word. “My bejaarde ma is by my en sy het ’n hartprobleem; ek kan nie bekostig om haar aan te steek nie,” sê hy.
“Daar was mense wat gesê het ons moet die moskees oopmaak, maar wie gaan verantwoordelikheid neem as mense hul lewens verloor?”
Wag lank vir voggies ná verbod Clifton Lakay (links) en Eugene Meyer was voor in die tou by die Shoprite-drankwinkel in Blue Downs. Drankwinkels het Maandag vir die eerste keer ná twee maande oopgemaak. Tientalle mense het die snerpende koue trotseer om vir hul voggies te wag. Lakay en Meyer was reeds omstreeks 04:00 in die parkeerterrein. Lees die volledige berig op bl. 8. FOTO: BRENDEN RUITER