RAVENSMEAD
SAVING YOU MORE!
SELECTA STRAWBERRY
WAS R49.95
NOW
www.stodels.com
R19.95
Offer valid until 04 October 2020 X1WBLXNW-AL300920
Woensdag, 30 September 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
TygerBurger
NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.
Teken in by www.netwerk24.com.
BLACKHEATH: SENTRUM ONTWIKKEL VAARDIGHEDE
Themba vier 20 jaar CARINA ROUX
T
wintig jaar gelede, op 15 September 2000, het die Themba-werksentrum vir gestremdes in Blackheath met agt mense begin. Deesdae werk gemiddeld 45 mense by die sentrum, wat kontrakwerk vir sakeondernemings en ook herwinning doen, sê die stigter, Joey Oerson. Sy het destyds as arbeidsterapie-assistent by die Karl Bremeren Tygerberg-hospitale gewerk saam met onderskeidelik Rina Hartzenberg en Alma van Hoogstraaten. Dié twee arbeidsterapeute was haar mentors, sê sy. Die rehabilitasie-eenheid sou uitreike in die gemeenskap doen. “Ons het agtergekom as ons nie daar is nie, gebeur daar niks. Die mense sit net.” Sy sê van die gestremdes is baie goedgelowig en word dikwels misbruik of afgeskeep. “Hulle kry nie die nodige aandag nie.” Dit het haar gemotiveer om die werksentrum te begin – ’n plek waar hulle bedags bymekaar kan kom met hul eie portuur en dinge kon doen om hulle besig te hou. Die werk wat hulle doen is meestal die sleurwerkies van ander maatskappye. Daar is dus twee afdelings – kontrakwerk en herwinning (meestal plastiek). Almal ontvang sakgeld vir die werk wat hulle doen, maar moet ook nog steeds hul gestremdheidstoelae eis. Die sentrum akkommodeer mense met verstandelike en fisieke gestremdhede van Blackheath en Kuilsrivier en omliggende gebiede soos Mfuleni, Eersterivier, Malibu Village, Delft en Belhar. Hul doel is om mense te help om vaardighede te ontwikkel en hulle ’n geleentheid te gee om deel te wees van die ope mark. Die werksdag duur van 08:00 tot 16:00 en Vrydae tot 15:00. Vir sommiges raak die werksdag lank en die produktiwiteit neem namiddag af. Oerson sê omdat baie mense hul werk weens die Covid-19-pandemie verloor het, is daar nou van dié mense wat hulle betrek het om met die herwinning te help. Die werksentrum kon in Junie weer heropen. “Toe hulle terugkom, kon ek sien die mense was nie op dieselfde peil waar hulle was voor ons toegemaak het nie,” sê Oerson. Sy gee toe al die nuwe higiënemaatreëls is ’n uitdaging. V Na bladsy 2
Bhuko Siyenqo en Clinton Lawrence maak seker daar is 25 hangertjies in ’n bondel. FOTO: CARINA ROUX