TygerBurger Ravensmead - 26 August 2020

Page 1

RAVENSMEAD NEW LOCKDOWN TRADING HOURS

• Mon to Fri 8:30am to 6pm • Sat 8am to 5pm • Sun 8:30am to 1pm

R5000

valid from 26th August to 30th August 2020!! X1WA5N3R-AL260820

Woensdag, 26 Augustus 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

TygerBurger

NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.

Teken in by www.netwerk24.com.

DELFT: WÊRELD SE MOONTLIK OUDSTE INWONER STERF NA KORT SIEKTE

Rus sag, Oom Blom (116) TARRYN-LEIGH SOLOMONS @tarryns07

O

om Fredie Blom, sover bekend die oudste man ter wêreld, is Saterdag in die Tygerberg-hospitaal oorlede.

Dié Delft-inwoner het in Mei 116 jaar oud geword. Hy het nie kinders van sy eie gehad nie, maar het sy vrou, Jeanette, se kinders en kleinkinders as sy eie aanvaar. Die familiewoordvoerder en voorsitter van die Delft Seniors Forum, Gadija Francis,

sê die familie is verskriklik hartseer. Volgens Francis is Oom Blom sedert Maart in en uit die hospitaal. “Oupa het skielik siek geword. Hy het gepla van ’n pyn in sy maag. Oupa is vir Covid-19 getoets, maar die uitslag was negatief. Ek het hom die laaste keer op Donderdag 20 Augustus (twee dae voor sy dood) gesien. Hy het baie siek gelyk. “Ek sal nooit vergeet hoe hy daardie dag vir my gewaai het nie. Ek het geweet dit was die laaste keer dat ek hom sou sien.” Saterdag is sy wakker gemaak deur ’n boodskap van Oupa se sterfte. “Ek het omstreeks 06:00 ’n WhatsAppboodskap met die nuus gekry. Ek was baie geskok. Dit was hartseer om te sien hoe hy pyn verduur. Die kinders is baie hartseer. “Antie Blom huil verskriklik

baie. Hulle was vanjaar 51 jaar getroud, so sy gaan hom regtig baie mis.” Volgens Francis het Jeanette Maandag sy doodsertifikaat gekry. In 2018 (op 114) het oom Blom en sy vrou vir die eerste keer huiseienaars geword toe hulle hul titelakte van die Wes-Kaapse departement van menslike nedersettings ontvang het. Jeanette het daardie jaar aan TygerBurger verduidelik dat hul gesin 30 jaar in die huis gebly het voordat hulle dit hul eie kon noem. In ’n vorige onderhoud het Jeanette verduidelik wat Oom Blom se daaglikse roetine was: “Sodra hy soggens opstaan, gaan sit hy in die agterplaas om die son te geniet.” Oom Blom sal onthou word as ’n baie liefdevolle mens wat jou altyd met ’n glimlag sou groet.

Oom Fredie Blom (116), sover bekend die oudste man, is op Saterdag 22 Augustus ná ’n kort siekte oorlede. FOTO: JONATHAN LESTRADE


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.