RAVENSMEAD SOMETHING FOR EVERYONE
CRAZY PLASTICS BELLVILLE
FOLLOW OUR SOCIAL PAGES:
170 Durban Road, Bellville, Cape Town 021 949 8900
Woensdag, 19 Februarie 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
TygerBurger
NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.
Teken in by www.netwerk24.com.
Dra sloffies en help Choc
Die Tygerberg-hospitaal se Kindertrust, in samewerking met die Kinderkankerstigting van Suid-Afrika (Choc), het verlede Vrydag ’n spesiale geleentheid gehou om Internasionale Kinderkankerdag te herdenk. Die dag word wêreldwyd op 15 Februarie gevier. Die dag is ook gehou om Choc se nuwe inisiatief, Flip Flop-dag 2020, te vier. Choc is ’n organisasie sonder winsbejag wat na die welstand van kinderpasiënte, pasiënte met bloedverwante siektes en hul families omsien en hulle ondersteun. Die dag behels dat mense sloffies dra en ’n plakker koop. Die geld wat ingesamel word, gaan direk aan Choc. Van die gaste by die geleentheid verlede week is (van agter) Lynette Muthuray, Lynn Booysen, dr. Anel van Zyl, dr. Charle Gobetz, prof. Mariana Kruger, Jason Falken en Nailah Humphrey. Lees meer op bladsy 8. FOTO: RICHARD ROBERTS
CRADOCK: VERMISTE MEISIE WORD NOG GESOEK
Tazne-verdagte vas BRENDEN RUITER EN KAILIN DANIELS @ruitervaniewind
D
ie verdagte in die verdwyning van die agtjarige Tazne van Wyk van Ravensmead, is Maandag 17 Februarie op Cradock in hegtenis geneem. Dit ná die 54-jarige verdagte, Moehydien Pangaker, na bewering die kloue van die gereg probeer ontduik het. Kapt. Lariane Jonker, polisiewoordvoerder in Cradock, het bevestig dat Pangaker in hegtenis geneem is ná ’n lasbrief in Kaapstad uitgereik is. Die vermiste Tazne is nog nie gevind nie. “Hierdie kantoor kan bevestig dat die vermeende verdagte, wat blykbaar met die verdwyning van die minderjarige kind verband hou, op Maandag 17 Februarie omstreeks
22:15 in hegtenis geneem is. “Die Kaapstadse ondersoekbeamptes het die verdagte in Cradock gearresteer en na die polisiekantoor geneem,” sê kapt Jonker. Pangaker sal binnekort in die Cradocklanddroshof verskyn. Die Cradock-polisie het sedertdien ’n beroep op die gemeenskap gedoen vir hulp om die vermiste Tazne te vind. Tazne het twee Vrydae gelede weggeraak toe sy onderweg was na ’n huiswinkel in hul straat. Pangaker, ’n man wat by mense in die straat geloseer het, het omstreeks dieselfde tyd verdwyn en is deur die polisie uitgewys as ’n persoon van belang in die ondersoek. Candice van der Rheede, van die eenheid vir vermiste persone in die Wes-Kaap, sê dis asof iemand die verdagte inligting gegee het,
want hy het hulle gedurig ontglip. “Ons is te bang om nuwe inligting uit te gee, want dit blyk as die verdagte weet die net span al nouer, dan verdwyn hy,” sê Van der Rheede. Sy sê hulle het die afgelope naweek vars inligting ontvang en het dit aan die polisie oorhandig. Past. Adam Alexander, die gesin se woordvoerder, sê hulle het telefonies met Pangaker kontak gemaak. “Ek het hom persoonlik gebel en hy praat met my. Hy beweer hy is onskuldig en het Tazne nog net twee keer gesien. Ek het aan hom gesê as hy onskuldig is moet hy na vore kom en sy onskuld bewys, maar elke keer as die gesprek in daardie rigting draai, druk hy die foon dood. “Volgens hom is hy buite Kaapstad, maar ons het rede om te glo dat hy steeds in die
omgewing is,” sê Alexander. Alexander sê hoewel hy vir Pangaker oor die foon gevra het om die familie afsluiting te gee, wil hy dit weer herhaal. “As hy nie die kind gevat het nie, wil ons hê hy moet na vore kom en dit bewys. As hy haar wel het, kan hy my kontak en ek sal haar enige plek kom haal. As hy die koerant lees, moet hy weet ons soek net die kind,” sê Alexander. Volgens hom sukkel die ouers geweldig. “Ons het al verskillende leidrade opgevolg wat dan uiteindelik vals is. Dit veroorsaak verskriklike spanning by die ouers van Tazne en in hierdie stadium sukkel hulle geweldig. Enigiemand met inligting oor waar Tazne haar bevind, kan die ondersoekbeampte, sers. Dale Franks, by 082 334 8772 of Crime Stop by 08600 10111 bel.