TygerBurger Ravensmead - 19 August 2020

Page 1

RAVENSMEAD SOMETHING FOR EVERYONE

CRAZY PLASTICS BELLVILLE

FOLLOW OUR SOCIAL PAGES:

170 Durban Road, Bellville, Cape Town 021 949 8900

Woensdag, 19 Augustus 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

TygerBurger

NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.

Teken in by www.netwerk24.com.

DELFT: AANVALLE BEDREIG VEILIGHEID

Dienste dalk onttrek BRENDEN RUITER @ruitervaniewind

A

Holy Cross blessed Children at The Holy Cross Child and Youth Centre in Parow last week received a much needed donation in the form of shoes and backpacks following a devastating fire at the facility last month. The centre is home to 68 girls and 17 boys aged two to 17 years. The donation was made possible by Coronation and supported by the education non-profit organisation Living Through Learning which receives annual funding from Coronation. The children attend St. Augustine Primary School in Ravensmead. “Our aim is to restore a sense of dignity and security in the girls by providing them with the supplies that they desperately need as a result of the fire. Living Through Learning contributed 63 pairs of school shoes and Coronation rose to the challenge and gifted them with backpacks, as well as clothing contributed by our staff,” says Wendy Bergsteedt, Coronation group head of marketing.

s nooddienspersoneel nie veilig is nie, sal die Stad Kaapstad dit ernstig oorweeg om dienste in sekere gebiede te onttrek. So sê JP Smith, die Stad Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit. Dié waarskuwing kom nadat ’n brandweerwa verlede Donderdag in Delft met bakstene bestook is. “Dié beamptes het gereageer op ’n noodroep van ’n vragmotor wat aan die brand was en hulle het die polisie by Hindleweg ontmoet. Toe hulle nader kom, is ’n baksteen teen die brandweerwa se ruit gegooi en moes die beamptes nog hulp ontbied,” sê Smith. Volgens hom was die brandweerpersoneel geskok en moes hulle huis toe gestuur word. “Dit het veroorsaak dat die Belhar-brandweerstasie vir die res van die aand nie operasioneel was nie. Hierdie voorvalle kom al hoe meer gereeld voor en het moontlike verreikende gevolge vir wetsgehoorsame bur-

gers wat hulp benodig. Noodpersoneel gaan nie sonder polisiebegeleiding in gevaarlike plekke in nie en dit het ’n invloed op reaksietye. In ag genome dat hierdie soort aanvalle al hoe meer voorkom, sal ons dalk nie meer noodpersoneel na plekke stuur waar gewelddadige betogings plaasvind nie,” sê Smith. Donderdag se aanval volg op ’n voorval in Julie toe ’n petrolbom na ’n brandweerwa in Mfuleni geslinger is en die personeel ter nouer nood aan die dood ontkom het. Volgens Smith het noodpersoneel in die 2019/2020boekjaar op 22 497 voorvalle gereageer. “Daar was ’n groot afname in voorvalle in April en Mei vanjaar, wat in die laer statistieke gesien word. Hierdie afname het saamgeval met die nasionale inperking en die aanvanklike verbod op die verkoop van alkohol en die beweging van mense. Die afname is goeie nuus, maar dit beteken nie veel vir mense wat geliefdes weens brande verloor het nie. Dit is uiters belangrik dat ons die mans en vroue veilig hou wat ons moet beskerm,” sê Smith.

“Hierdie voorvalle kom al hoe meer gereeld voor en het moontlike verreikende gevolge vir wetsgehoorsame burgers wat hulp benodig.”


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.