TygerBurger Ravensmead - 13 November 2019

Page 1

RAVENSMEAD & BELHAR

GOING POTTY!!!

LAST WEEK!

UP TO

50% OFF! PROMOTION ENDS 17 NOVEMBER

Offers valid until 17 November 2019. While stocks last.

Woensdag, 13 November 2019 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

TygerBurger

‘Bokke, Bokke, Bokke!’

It was a celebration on Stellenbosch Arterial as Belhar and Delft residents gathered in anticipation of seeing the Springboks. People young and old came out to be part of the historic moment. PHOTO: TARRYN-LEIGH SOLOMONS

DELFT: DRYWER MAAK OPSLAE

‘Pianis’ breek die internet BRENDEN RUITER @ruitervaniewind

H

y is ’n nederige drywer vir ’n welwillendheidsorganisasie wat nie van die kollig hou nie, maar wanneer hy sy vingers op ’n klavier sit dryf ’n mens weg na ’n ander heelal. Neil Martin van Delft is ’n drywer by die Peninsula School Feeding Association en sy

talent is onlangs aan die groot klok gehang toe iemand ’n video waar hy klavier speel op Facebook gelaai het. Teen druktyd is die video reeds meer as 100 000 keer gekyk en meer as 2 000 keer gedeel. In kommentare op die video word Martin se lof besing van gewone mense tot bekendes in die musiekbedryf. Almal is dit eens dat sy talent nie langer weggesteek kan word nie. “Hierdie man moet aan die hooggeplaaste

meesters van die musiekbedryf bekend gestel word, sodat hy ’n universiteitsgraad kan kry,” lui een kommentaar. Ander kommentators meen hy moet sy eie konsert aanbied en so gou moontlik musiek opneem. TygerBurger het telefonies met Martin in aanraking gekom toe hy ’n paar minute kon afknyp van sy dagtaak as drywer. “Aanvanklik was ek baie kwaad toe ek hoor daar is ’n video van my wat die ronde op Facebook

en YouTube doen. Ek is ’n baie private mens en hou nie eens van foto’s nie. Daar is nie foto’s in my huis nie. Op ’n dag het ek baie bedruk gevoel en het koers gekies na die Laerskool Vergenoegd in Delft. Daar het ek my emosies op die klavier uitgespeel en iemand het ’n video gemaak en dit versprei. Toe ek weer sien sê my baas hy het nooit geweet ek kan so goed speel nie,” sê Martin. Na blady 2

FOR PURCHASE OVER R950

TRADING HOURS: WEEKDAYS FROM 08H00 - 17H00 • SAT 08H0 - 14H00 • ALL PRICES INCLUDE VAT. PRICES VALID WHILE STOCKS LAST! E & OE


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.