RAVENSMEAD
X1W1NJDW-AL120220
Woensdag, 12 Februarie 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
TygerBurger
NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.
Teken in by www.netwerk24.com.
’n Tweede kans! Anje Hanekom, ’n onderwyser by die Carel du Toitsentrum, is hier met leerders van haar pre- graad R-klas tydens etenstyd verlede week. TygerBurger het die skool besoek en ’n onderhoud gevoer met die sentrum se skoolhoof, Adri Hodgson. Die sentrum verskaf onderrig aan leerders tot en met graad 3. Hodgson sê die leerders kom van dwarsoor die land en selfs uit Sub-Sahara-Afrika. Die name van die kinders mag nie gepubliseer word nie. Lees meer op bladsy 4. FOTO: RICHARD ROBERTS
RAVENSMEAD: POLISIE SOEK ONVERPOOS
Meisie (8) vermis BRENDEN RUITER @ruitervaniewind
W
anneer verkragters en moordenaars op parool vrygelaat word, moet hulle elektronies gemonitor word. Dít is die versoek van een van die geestelike leiers van Ravensmead, past. Adam Alexander. Alexander het gereageer nadat die agtjarige Tazne van Wyk van Ravensmead verlede Vrydag spoorloos uit hul straat verdwyn het. ’n Man wat glo ’n maand gelede uit die tronk vrygelaat is nadat hy ’n vonnis van 20 jaar uitgedien het, word vir ondervraging deur die polisie gesoek. Moyhdien Pangarkar (54) word as ’n persoon van belang deur die polisie gesoek,
maar het intussen spoorloos verdwyn. Dit word beweer dat Tazne laas in sy geselskap opgemerk is, maar dit kon nie bevestig word nie. Alexander sê die gemeenskap wil vir die president ’n brief skryf waarin hulle versoek dat veroordeelde verkragters en moordenaars gemonitor word. “Ons sien al hoe meer dat ouens wat vir verkragting agter tralies was, weer oortree. Hoe kan gemeenskappe hulself teen dié mense beskerm as hulle nie weet wie hulle is en waar hulle woon nie?” vra Alexander. Volgens hom het die verdagte glo op die perseel gewoon waar die huiswinkel was waarheen Tazne op pad was. Hy is sedert haar verdwyning skoonveld.
WE GIVE YOU PLENTY IN 2020
Candice van der Rheede van die WesKaapse Eenheid vir Vermiste Persone sê hulle het oor die naweek verskeie leidrade opgevolg in hul pogings om Tazne en die verdagte op te spoor. Die jongste inligting dui daarop dat die verdagte in die Parow-omgewing gesien is. Ons laat geen steen onaangeraak nie en waardeer alle hulp wat ons kan kry. Skinderstories bemoeilik egter ons taak aansienlik, dus wil ek vra dat mense nie stories versprei nie. Een storie wat versprei is, wou dit hê dat Tazne gevind is en dit was van alle waarheid ontbloot,” sê Van der Rheede. Intussen het iemand met dieselfde van as die persoon van belang, wat blyk sy dogter te wees, ’n beroep op hom gedoen om die
kind by die naaste polisiekantoor te gaan los. “Daddy, dis Monique, as Daddy die kind het, bring haar asseblief na haar ma toe waar sy behoort. Ek is ook ma van drie kinders en kan my indink hoe haar ma by nou al voel. Sy is nog so klein en onskuldig, sy verlang na haar ma. Daddy los haar asseblief by die naaste polisiekantoor. Asseblief jy is my pa, hoe moet ek voel en wat sê ek vir my kinders,” skryf die vrou. Kapt. Odwa Makupula, woordvoerder van die Ravensmead-polisie, sê die polisie volg alle leidrade op. “Ons vra die publiek om alle inligting met die publiek te deel, want ons doen alles in ons vermoë om haar op te spoor,” sê Makupula.
Management and staff wish to thank all our clients for their continued support, have a blessed festive season and be safe on the roads
TRADING HOURS: WEEKDAYS FROM 08H00 - 17H00 • SAT 08H0 - 14H00 • ALL PRICES INCLUDE VAT. PRICES VALID WHILE STOCKS LAST! E & OE X1W1T039-AL120220