TygerBurger Ravensmead - 11 March 2020

Page 1

RAVENSMEAD

LOW PRICES MORE GARDENING STAR JASMINE WAS 89.95

NOW

36.95 www.stodels.com

Offer valid until 15 March 2020 X1W33AM5-AL110320

Woensdag, 11 Maart 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

TygerBurger

NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.

Teken in by www.netwerk24.com.

COVID-19: GERUGTE IS VALS

Geen voorval in Parow RICHARD ROBERTS @richardjohn_rj

D

ie Wes-Kaapse departement van gesondheid het in ’n verklaring gesê die Covid-19 virus-geval wat in Parow aangemeld is, is vals. ’n Leser het verlede Vrydag die TygerBurger gekontak en ingelig dat pasiënte by die Parow-gemeenskapskliniek in Smithstraat glo gesigmaskers dra. Volgens haar was daar ook ’n pasiënt by die kliniek die betrokke dag wat per ambulans na ’n hospitaal vervoer is, glo omdat die persoon met die Korona-virus besmet is. Die leser het die koerant meegedeel dat sy ’n kankerlyer is en dat sy die kliniek besoek het om haar medikasie te gaan afhaal. In ’n verklaring wat Saterdag uitgereik is, blyk dit dié gerugte is onwaar. “Die vermoedelike geval wat gister (Vrydag) in Parow opgespoor is, het aanvanklik ooreengestem met die definisie van ’n Covid-19geval, gebaseer op die persoon se inligting. By verdere ondersoek is bevind dat die persoon nie aan die kriteria vir Covid-19 voldoen nie

en dat hy nie getoets hoef te word nie. “Ons vra die publiek om nie die virussituasie vir persoonlike gewin te misbruik nie, aangesien dit lei tot die misbruik van hulpbronne en onnodige paniek,” lui die verklaring. Dr. Zweli Mkhize, nasionale minister van gesondheid, het verlede Donderdag aangekondig dat SuidAfrika sy eerste geval van die Koronavirus aangemeld het. ’n Man (38) van KwaZulu-Natal, wat van Italië na Suid-Afrika gereis het, is positief getoets vir die virus. Sedertdien is sy vrou glo ook positief getoets, luidens mediaberigte. Die geval is in Hilton in KwaZuluNatal aangemeld. ’n Man van Johannesburg wat glo lid was van die toergroep is ook positief getoets. Teen druktyd was daar sewe gevalle aangemeld. Volgens die provinsiale departement van gesondheid is daar sover nog geen gevalle van die virus in die Wes-Kaap aangemeld nie. Die simptome van die virus sluit in koors, hoofpyn, seer keel en hoes. V Die 4-uur-noodnommer van die nasionale gesondheidsdepartement vir die korona-virus is 0800 029 999. V Nog ’n berig op bladsy 3.

Festive fun

“Ons vra die publiek om nie die virussituasie vir persoonlike gewin te misbruik nie”

Blair Rustin (6) from Belhar enjoyed the play pen in the VIP area at the Huawei KDay, held at Meerendal Wine Estate this past Saturday. Thousands of people withstood the heat, with most taking cover under a sea of colourful umbrellas. PHOTO: ESMÉ ERASMUS

WE GIVE YOU PLENTY IN 2020

TRADING HOURS: WEEKDAYS FROM 08H00 - 17H00 • SAT 08H0 - 14H00 • ALL PRICES INCLUDE VAT. PRICES VALID WHILE STOCKS LAST! E & OE X1W3QLVD-AL110320


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.