RAVENSMEAD
Woensdag, 11 Desember 2019 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
TygerBurger
Netwerk24. Alles op een plek.
11 tydskrifte + 35 koerante
Teken in by www.netwerk24.com.
Action overload The Grassroots drifters drew huge crowds at the Killarney motorshow, held on Sunday 8 November. The Cape’s biggest motor show featured over 1 000 cars and motor bikes. See more photos on page 2. PHOTO: CECILIA HUME
GAT IN DAK: GELUKKIG OM TE LEWE
Koeël mis man rakelings BRENDEN RUITER @ruitervaniewind
’n
Man van Silversands kan sy sterre dank dat hy nog lewe nadat ’n dwaalkoeël hom rakelings gemis het terwyl hy in sy motorhuis gestaan en rook het. Justin April sê hy en sy seun, Clemense, was in die garage doenig toe hulle ’n slag op die motorhuis se dak hoor. “Ek voel toe iets val hier langs my gesig verby en meen maar
net dit is iets wat uit die dak val. My seun sê toe hy dink iemand het ’n klip op die dak gegooi en ons laat dit toe daar,” sê April. Dit is toe sy vrou by hulle aansluit dat sy die koeël op die vloer sien lê. “Ek besef toe eers hoe naby ek aan dood was. As daai koeël ’n paar millimeter na die ander kant toe was, het dit my teen die kop getref. Ek sidder om te dink so-iets kon reg langs my seun gebeur het,” sê April. Volgens hom is daar nie gereeld ’n skiete-
ry in hul woonbuurt nie. “Hier is gereeld voorvalle van misdaad, maar nie waarby vuurwapens betrokke is nie. Ek kan net bespiegel dat die koeël dalk uit die bendegeteisterde Wesbank kom. Dit is minder as ’n kilometer weg,” sê April. Hy het nie die voorval by die polisie aangemeld nie omdat hy nie glo dit kan suksesvol ondersoek word nie. TygerBurger het die polisie se ballistieseeenheid om kommentaar genader, maar om-
dat hulle nie met die saak gewerk het nie wou hulle nie kommentaar lewer nie. Kol. K.M. Rance, operasionele bestuurder,by die ballistiese-eenheid, sê in e-pos “verskeie faktore” is ter sprake. “Ek kan egter nie verder kommentaar lewer nie aangesien die voorval nie deur my kantoor ondersoek word nie. “Die vrae kan slegs beantwoord word wanneer die polisie by die ondersoek betrokke raak,” sê Rance.
BELHAR DENTAL CENTRE Cnr. Sonata & Organ Avenue, Belhar
TEL: 021 952 2449
SPECIAL DISCOUNT offered on making of all DENTURES
CONSCIOUS SEDATION:
WE ARE OPEN EVERYDAY EXCEPT SUNDAYS AND PUBLIC HOLIDAYS
SERVICES
A safe & painless solution for the nervous patient.
• Cleaning
• Crowns &
• Polishing
Bridges
We now accept all Edgars & Jet cards for dental treatment payments
• Fillings
• Extractions • Dentures For private patients & people who are not on Medical Aid we offer discounted rates.
capedentalcare.co.za retreat@capedentalcare.co.za EERSTERIVER 021 904 0556 • RONDEBOSCH 021 696 4238 • RETREAT 021 715 6955
• X-Rays