Tygerburger Ravensmead-Belhar 21 March 2012

Page 1

RAVENSMEAD / BELHAR

B u r g e r E-pos: tyger@dieburger.com

Woensdag 21 Maart 2012

Tel: 021 910 6500

Faks: 021 910 6501

Now urban land to be ‘farmed’ Last week a unique project was launched in Clarke Estate that could see urban spaces beco­ ming farmlands in the middle of our communities. Pictured are councillors Asa Abrahams and Rosemary Rau, front, with Rum­ bidzai Chin'anga and Hanif Tise­ ker of the Department of Human and Economic Development at the City of Cape Town, with Jo­ seph Mitchell (City Parks), Quen­ tin Newman (principal John Ram­ say High), and Godfrey Domingo (Urban Agriculture) at the back. Full story on page 3. Photo: Gary van Dyk

) Meisietjie se lyf 50% erg gekneus

Babaverkragter vas MARANA BRAND VAN HULSTEYN

Brandon Florence (28) sal nooit weer vyftien maande oue babas kan verkrag of gewelddadig kan aanrand nie. Hy is pas in die hof vir seksuele misdrywe in Parow tot lewenslange gevangenisstraf plus 10 jaar gevonnis nadat hy ’n babameisietjie op 31 Maart 2009 se reg op gelukkige, sorgvrye kinderjare, ontneem het. Florence het drie jaar gelede sy vriendin van so drie maande se baba vir ’n rukkie in Blikkiesdorp, Delft, waar hulle gebly het, opgepas terwyl sy wasgoed was. Hy het ná sowat ’n uur die kind se vessie wat

vol bloed was vir haar gebring en gesê die kind het geval, maar is nie ernstig nie. Sy het die vessie uitgewas en gedink dis nie snaaks dat ’n kind van 15 maande val nie. Sy het die man vertrou, het sy later aan TygerBurger gesê. Haar of haar kind se naam mag ingevolge wetgewing vir hulle eie beskerming nie genoem word nie. Ná sowat nog ’n uur het hy die baba vir haar gebring. Die kind se hele lyf was potblou, haar oë dik geslaan en was geswel van baie huil, haar hare was uit haar kop getrek, haar tong en binnekant van haar mond raakgebyt. Florence het vir die ma gesê hy het gesien daar is fout toe daar

bloed uit haar broekie loop, maar die ma het gesien dat hy reeds die broekie met ’n doek vervang het. Dit het die ma (nou 27) onraad laat vermoed. Hy is nietemin saam met haar na die Delft-daghospitaal. “Toe die dokter haar doek afhaal, het ek lelik geskrik. Dis my enigste kind. My lewe het in duie gestort. Ek was baie kwaad,” het die ma gesê. Die dokter het hulle dadelik Rooi Kruis toe gestuur en die polisie het vir Florence kom haal. Hy is sedertdien in aanhouding. By die Rooi Kruis-kinderhospitaal is sy in ’n teater ondersoek. Die dokter het in sy verslag die beserings haarfyn beskryf en verklaar: “Hierdie is een van die beseerste pa-

siënte wat ek nog ooit gesien het. Ek glo hierdie kind is verkrag. Haar liggaam is 50% met ernstige kneuswonde bedek. Ek glo daar was hewige forsering en geweld by die aanval betrokke.” Daar was baie min bewyse om Florence mee vas te trek, maar danksy die fyn speurwerk van die ondersoekbeampte, ao. Jannie Coetzee van die Delft-speurtak, was die omstandigheidsgetuienis uiteindelik verdoemend. Ná drie jaar is Florence verlede week (Dinsdag 13 Maart) gevonnis. “Ek voel verlig dat die saak klaar is. Hy het gekry wat hom toekom. Hy kan dit nou aan niemand anders doen nie,” het die ma gesê.

Sy sê dit gaan nou goed met hulle, ongeag die feit dat sy nie werk het nie. Sy sal graag weer skoonmaakwerk wil doen. Sy probeer intussen soveel tyd moontlik saam met haar kind, nou vier, deurbring. “Sy was voorheen glad nie bang vir mense nie. Nou is sy, veral vir mans. Sy raak maklik aggressief. Dan begin sy haar maatjies rondruk en dan slaan sy later, veral die seuns. Ek dink uit die 100% uit sal sy in die toekoms net so 50% gelukkig wees.” . Die saak het voor landdros Amanda van Leeve gedien. Dercia Rabie het aangekla en Jerry Witbooi van die Regshulpraad het namens die beskuldigde verskyn.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Tygerburger Ravensmead-Belhar 21 March 2012 by Tygerburger Newspaper - Issuu