PAROW
B u r g e r E-pos: tyger@dieburger.com
Woensdag 22 Februarie 2012
Tel: 021 910 6500
Faks: 021 910 6501
) ‘Hy was een van belowendste rugbyspelers’
Vegter verloor stryd MARANA BRAND VAN HULSTEYN
Byna twee jaar nadat ’n topfiks Charlton February op 17 ’n hartaanval by Hoërskool Tygerberg gehad het, het sy moeë hart Vrydag 17 Februarie gaan staan.
Charlon February (regs), wat verlede jaar sy matriek aan die Hoërskool Tygerberg vol tooi het, saam met sy boesemvriend, Justin Geduld. Charlton is Vrydag 17 Februarie ná jarelange hartprobleme oorlede.
Monte Vista 10/11 Monte Vista Boulevard Tel 021 558 1067 Handelsure: 08h00 - 20h30 Hierdie aanbiedings is slegs b e s k i k b a a r b y M O N T E V I S TA S PA R tot en met 26 FEBRUARIE 2012. Foute en weglatings uitgesluit. Ons behou die reg om hoeveelhede te beperk. BTW ingesluit. Geen handelaars.
Besoek ons op ons Facebook blad
Toilet Roll’s 10’s
Savemor Baked Beans 410g
1399 399 each
Fresh Milk Sachets 1L
570 each
Pork Bangers
each
Tuna in Oil
(only 6 per customer)
699
170g
Pork Loin Chops (Frozen)
Ten spyte van tallose struikelblokke, was Charlton, wat verlede jaar matriek voltooi het, altyd ’n deurdrukker. Dit was nie in sy aard om op te gee nie. Charlton se dood volg kort op dié van Corné Hale, ’n vriend van hom van dieselfde skool, einde November verlede jaar. Op 4 Desember het Charlton, of Charlie soos almal hom genoem het, ineengestort. Hy het eers op 19 Desember sy oë oopgemaak, maar nooit weer reageer nie. Hy is Vrydag omstreeks 15:00 oorlede. Voor sy eerste hartaanval in 2010 is hy beskou as een van die belowendste jong rugbyspelers in die Wes-Kaap. As vleuel het hy die drieë ingeryg. Ná sy aanval, én die kortknip van sy rugby- en atletiekloopbaan, het hy meer as een hartoperasie gehad waartydens ’n hartklep onder meer vervang is, en “stents” ingesit is. Gavin Beresford, onderwyser en rugbyafrigter, sê Charlie was ’n ongelooflike rugbyspeler. “Hy kon vir drie jaar vir my in die eerste span gespeel het – hy was só goed. Super ordentlik en baie goed gemanierd.” Ná Charlie uit die rugbyspan moes tree, is hy as spanbestuurder aangestel. In Augustus verlede jaar is hy saam met die sewes-span Konka toe. “Die dag van die finaal was sy verjaardag en daardie oggend het hy sy hemp opgelig en vir die span die sny op sy bors gewys en gesê: ‘Dit gebeur in ’n oogwink. Die enigste geskenk wat ek vir my verjaardag wil hê, is dat julle moet wen.’ Die boys was net fantasties daardie dag en hulle het gewen.” Justin Geduld, met wie Charlie al van voor skool af boesemvriende is, was te
49 99 39
BULK Tenderised Steak SUIDWES WORS Budget Rump / Sirloin
99 /kg
/kg
Beef Potjiekos
2999 3999 4999 3499 /kg
/kg
/kg
/kg
emosioneel om oor sy “broer” te praat. Justin is ’n topatleet en rugbyspeler wat vir twee jaar o.19A en sewesrugby gespeel het. Dit was Charlton wat hom destyds oortuig het om Hoërskool Tygerberg toe te kom. André Maree, graadvoog en rugby-afrigter, sê die twee was soos ’n tweeling. “Hulle het Ravensmead saam platgeloop en kattekwaad aangevang. Hulle het vir my baie staaltjies van hulle vriendskap vertel, maar niks wat ek mag oorvertel nie!” André en Charlton was geheg aan mekaar. “Hy was soos my eie kind.” Hy sê een ding wat mense nie van Charlton weet nie, is dat hy ge-“rap” en dit opgeneem het. In die liedjies is daar altyd na hom verwys as “die man met die golden smile”. Gavin vertel ook dat Charlie altyd na André verwys het as sy pa. “André het altyd baie moeite met hom gedoen – hom rondgery en so.” Murlize van Heerden, Charlton se Afrikaans-onderwyser, het gesê Charlie het baie goed gevaar in sy matriekeindeksamen, “beter as ooit tevore”. Sy het hom gereeld in die hospitaal besoek. Volgens Wilma Rossouw, adjunkhoof: akademie by Hoërskool Tygerberg, is dit “net nie reg om afskeid te moet neem van iemand wie se lewe nog voorlê nie”. “Ons wou net nie aanvaar dat hy hierdie stryd sou verloor nie. Dit was nie in sy aard om op te gee nie. Hoërskool Tygerberg sal hom nie maklik vergeet nie. Ons harte gaan uit na sy ouers en familie wat van 4 Desember af elke dag langs sy bed was. Mag ons almal inspirasie put uit die ongelooflike toewyding van Charlton (Charlie) February.” Charlton word deur sy ma Maureen, pa Ralph en broer Cameron February (graad 2), oorleef. Sy begrafnis word Saterdag 25 Februarie om 09:00 uit die Nuwe Apostoliese Kerk Uitsig gehou. Leerlinge sal dit in hul skoolklere bywoon.
½ of Heel Tweetand Skaap
4999 /kg
19
Marinated / Fresh Drums & Thighs
99 /kg
Bulk Lean Beef Mince
4499 /kg