PAROW
Woensdag, 25 November 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
TygerBurger
Return of ‘The R5 meals’ The Shoprite group has re-introduced its R5 deli meals having subsidised more than 150 million meals since inception in 2017. The group has further subsidised its 600g in-house baked bread which remains at R4.99 since 2016. Stores sold 63 million R4.99 bread loaves in the past financial year. The group says with the effects of the pandemic on unemployment, increased hunger and food insecurity plagues vulnerable communities. The meal is the group’s effort to make sure that someone with just R5 in their pocket can afford to eat a hot meal.
TOTSIENS: GEORGE AND ANNIE STARCK-TEHUIS SE BESTUURDER LÊ TUIG NEER
Ná 30 jaar is sy klaar V
ir drie dekades het Simone Olonge Bastiaanse by The George and Annie Starck Homes gewerk, maar vanjaar – ná agt jaar as bestuurder – het sy uiteindelik besluit om die staf te oorhandig. Simone het op 1 Junie 1991 by die sentrum in Frans Conradie-rylaan begin werk en is al sedert 1 Maart 2012 die bestuurder. In die 29 en ’n half jaar, waarin sy ook die rol as adjunkbestuurder beklee het, meen Simone het sy al verskeie veranderings by die tehuis deurgemaak. “Om bestuurder by die tehuis te wees, is ’n veelsydige rol. Nie net is ons ’n tehuis vir bejaardes nie,
maar het ook ’n taamlik groot verswakte-afdeling wat 62 inwoners kan versorg. “Basies raak die bestuurder by alle afdelings betrokke. Daar is die 10 huise, wat elk 12 inwoners kan huisves. Hulle is soos familie en die omstandighede is baie huislik en hartlik in elk van hierdie huise. “Daar is verskeie afdelings, insluitend finansies, administrasie, maatskaplik, verpleegsorg, instandhouding van tuine en geboue, spyseniering en sekuriteit. Die bestuurder moet dus daagliks met al hierdie afdelings kommunikeer. “Ek moet sorg dat hierdie afdelings goed bestuur word binne die raamwerk van ’n begroting. Verskeie wette is van toepassing op ouer mense en die tehuis het ook sy eie grondwet.
Simone Bastiaanse tree vanjaar ná byna drie dekades by The George and Annie Starck Homes uit. Sy was sedert 2012 die bestuurder. “Ek raak ook daagliks baie betrokke by die inwoners en hul families en dan is daar nog baie ander rolspelers by wie ons inskakel
en betrokke raak,” verduidelik Simone. Op die terrein van die tehuis is ook ’n aftreeoord, die Starckwoodaftreeoord, waarvan die tehuis die bestuursagent is, sê sy. “Dit is ’n lewensregskema wat bestaan uit 30 eenslaapkamer- en 30 tweeslaapkamereenhede, waarvoor ek ook die afgelope klompie jare verantwoordelik is.” Simone sê soos in ander loopbane was daar oor die dekades heen ook hoogte- en laagtepunte. “Die laagtepunte was nooit iets wat ek nie kon oorbrug nie, hoewel daar by tye baie stresvolle situasies was soos die huidige Covid-19pandemie. “Ek is so trots op ons personeel wat hul uiterste bes gedoen het om ons inwoners se veiligheid te ver-
Super Fresh Chicken Deals In Store!
Specials valid until Sat 28 Nov 2020. WHILE STOCKS LAST.
MONTH END DEALS Frozen Catering Chicken Breasts ±6kg
R2499 /kg
Frozen Catering Chicken Thighs ±6kg
R28 99 /kg
Mon to Fri - 8:30 to 17:30 Sat 8:00 to 13:00
seker tydens al die inperkingsvlakke. Die inwoners was ook ongelooflik met die goeie samewerking wat ons van hulle ontvang het. “Vir ons as bestuurspan was dit ’n taamlik stresvolle situasie, veral aan die begin, maar ons is bevoorreg dat die tehuis tot op hede nie een inwoner weens die pandemie verloor het nie. So eintlik kan ek hierdie mylpaal ook as ’n hoogtepunt beskou.” Wat die hoogtepunte betref, was daar ook ’n reeks gebeure waarop sy trots is. “Dit was vir my ’n plesier en ’n voorreg om daagliks met die inwoners kontak te hê. Ek het elke dag daarna uitgesien om werk toe te gaan. Hulle is sulke pragtige mense en het my lewe baie verryk.” V Na bladsy 2
Monte Vista: 4 Monte Vista Boulevard Tel: 021 535 1236 ENGEN
N1 CAPE TOWN
WE ACCEPT ALL MAJOR DEBIT & CREDIT CARDS
Fresh A1 16 Pce Braaipacks
Monte Vista Boulevard
@richardjohn_rj
Vasco Boulevard
RICHARD ROBERTS
PNP A1 HYPER
N1-PAARL N1 VALUE CENTRE
N1 CITY MALL
A1 Hyper IQF Mix Portions 4kg
R114 95 each
R3899 /kg
Frozen Potato Chips 1kg
R14 99
each
NB: All our products are locally produced and are fresh or freshly frozen. LOCAL CHICKEN. ALWAYS BETTER.
All Products X1WF6W6D-AL251120