PAROW
Woensdag, 24 Februarie 2021 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
TygerBurger
NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.
Teken in by www.netwerk24.com.
More potholes get repaired Mayor of Cape Town Dan Plato (centre), inspects the repair work done by staff of the City of Cape Town’s department of roads in De Tijger, Parow last week. Plato was joined by Mayco member for transport, Felicity Purchase. The roads staff completed the resurfacing of a section of a road in the area. This forms part of the City’s pothole repair campaign. The service delivery campaign began in November last year to highlight efforts to tackle the backlog in pothole repairs created by the Covid-19 national lockdown restrictions and an unusually rainy season. Between 1 June last year and 15 February this year, more than 18 000 reported potholes have been repaired. A water pipe was also repaired in ME Rothman Road and Chantel Street, Parow on the day. “Major potholes and sinkholes often occur due to burst water mains,” says Purchase. Residents can report potholes to the transport information centre on 080 065 6563.
MONTE VISTA: VROU LANGS PAD DEUR VIER MANS BEROOF
Drawwer aangeval RICHARD ROBERTS @richardjohn_rj
D
ie ma van ’n vrou wat onlangs langs Giel Basson-rylaan deur gewapende mans aangeval en beroof is, sê sy is dankbaar haar dogter het ongedeerd daarvan afgekom. Die slagoffer, Marné Slabbert (28), het ná werk met haar rugsak agterop haar rug langs dié besige roete in die rigting van Burgundy Estate gedraf toe ’n onbekende voertuig naby haar stilgehou en twee mans haar genader het. Marné, wat gereeld die roete
draf, was in daardie stadium ’n kilometer van haar woonstel af. Haar ma, Tanya Slabbert, vertel die voertuig het glo met noodligte op die skouer van die pad tot stilstand gekom. “Aangesien die motor verwaarloos gelyk het, het sy aanvanklik gedink die motor het dalk een of ander meganiese probleem. Sy het aangehou draf en opgelet dat daar vier mans in die motor is.” Twee van die mans het uit die voertuig geklim en in Marné se rigting begin beweeg. “Dit was toe dat sy sien dat hulle albei direk na haar kyk, en besef sy word geteiken.”
Die aanval het op Dinsdag 16 Januarie omstreeks 18:00 plaasgevind. “Ek het Marné van skooldae af probeer voorberei op die dag wat sy moontlik die teiken van geweld kan word, en het oor die jare by haar ingedril dat sy alles in haar vermoë moet doen om nie in ’n vreemde motor ingetrek en ontvoer te word nie. “Ons plan van aksie was maar dat sy so gou as moontlik die naaste boom, lamppaal of sommer enige paal moet vasgryp en dan moet klou om lewe of dood,” sê die ma van twee. Dit is presies wat haar dogter gedoen het. Marné het instinktief gereageer en on-
middellik na die naaste paal gehardloop en begin klou met alles wat sy het. Die twee mans het in daardie stadium probeer om die rugsak van haar rug af te ruk. Marné se pa, ’n voormalige lid van die polisie se honde-eenheid, het ook die kinders geleer dat hulle na verdagtes moet kyk sodat hulle later gesigte, kleredrag en ander kentekens kan beskryf. “Marné het so tussen die gestoei na hulle probeer kyk, maar toe voel sy die volgende oomblik iets skerp teen haar lies. Toe sy afkyk, sien sy die mes se punt daarteen druk.” V Na bladsy 3.
Please call our office on 021 555 4418 for an appointment Enquiries at: Canal Walk Shopping Centre, Century City melvyn@wolfbros.co.za ● www.wolfbros.co.za
X1WJX665-AL240221