PAROW
NEED A CAR?
100% QUALITY GUARANTEED
BIDENS SUN
BAD CREDIT? BANK DECLINE?
WAS R79.95
NO PROBLEM! CONTACT US TODAY: 021 949 7266 info@wheelfin.co.za www.wheelfin.co.za
NOW
R29.95
DRIVE AWAY IN YOUR
RENT TO OWN CAR WITHIN 24 HOURS *T&C APPLY
www.stodels.com
Offer valid until 25 October 2020
THE AFFORDABLE ALTERNATIVE-GETTING YOU GOING-FAST X1WD94H9-AL211020
Woensdag, 21 Oktober 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
TygerBurger
X1WC8RJK-AL211020
NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.
Teken in by www.netwerk24.com.
Die vervalle gebou is in ’n brand beskadig. INLAS: ’n Buitegebou staan langs die huis. Tekens van rook- en brandskade is duidelik sigbaar. FOTO’S: RICHARD ROBERTS
MOSSELSTRAAT: KLAGTES VAL OP DOWE ORE
Gruwelhuis kwel RICHARD ROBERTS @richardjohn_rj
N
á jare se bakleiery meen ’n pensioenaris van Parow-Wes dat daar steeds geen oplossing gevind is om ’n probleemgebou langs haar huis uit te sorteer nie. Die gruwelhuis in Mosselstraat in Churchill Estate, Parow-Wes word glo deur dwelmverslaafdes gebruik en deur hawelo-
ses bewoon. Deon Maneveld, voorsitter van die Parowgemeenskapspolisiëringsforum (GPF), sê buurtwagte, raadslede, die polisie en inwoners het al hul kommer oor die probleemgebou geopper. “Die huis trek baie aandag; dit is ’n groot probleem vir almal en boonop ’n oogseer,” sê Maneveld. Hy sê hoewel daar al verskeie klagtes ingedien is, kom dit voor asof daar herhaaldelik
teen ’n muur vasgeloop word en dat geen oplossings vorendag kom nie. Almal is gefrustreerd, sê hy. “Die buurvrou het ook al na ’n paar van ons uitgereik om te help,” sê Maneveld. Bettie Burger (59), ’n inwoner, het verlede week aan TygerBurger vertel dat sy al telkemale oor die afgelope ses jaar die owerhede probeer oortuig het om die situasie reg te stel. Die Burger-egpaar woon al 40 jaar lank in
die gebied. “Maar ons het nog nooit ’n probleem gehad soos hierdie nie.” Burger sê net sy en haar 65-jarige man, wat ’n depressielyer is, woon in die huis. “Maar in die middae kyk ek ook na my kleinkind.” Die probleemhuis behoort glo aan die nasionale departement van openbare werke. Burger sê tot dusver het sy die kwessie onder die aandag van die plaaslike wyksraadslid, sowel as die departement, gebring. V Na bladsy 4