Tygerburger Kuilsrivier 8 February 2012

Page 1

KUILSRIVIER

HEARING AIDS MICHAEL FOURIE B. Pharm

HEARING TESTS

HEARING AIDS

If you are interested, SMS “HEAR” to 34007

Contracted into Medical Aids DURBANVILLE: Mediplein Medical Centre, Hibiscus Rd BRACKENFELL:Medicross Medical Centre, c/o Brackenfell Boulevard & Nina Str. BELLVILLE: Oakmed Centre behind Mkem PAROW: Medicross Centre, McIntyre Road

B u r g e r

By appointment only

Call toll-free 0800 166 947

E-pos: tyger@dieburger.com

Woensdag 8 Februarie 2012

Tel: 021 910 6500

Faks: 021 910 6501

) Dannelene wil ook ander bemagtig

Tawwe vrou wys staal DESIREÉ RORKE

Vrou-alleen het Dannelene Noach in 2007 ’n faksie van die Saoedi-Arabiese burokrasie aangevat en oorleef, ten spyte daarvan dat sy ontvoer is en in ’n berugte tronk gegooi is. Vandag, veilig terug tuis in Kraaifontein, beoog die tawwe klein vroutjie om ander vroue in haar gemeenskap te bemagtig. Noach, ’n verpleegkundige, het in 2001, terwyl sy in ’n groot en moderne hospitaal in Riaad gewerk het, kennis gemaak met ’n tradisie waar baie vroue nie ’n stem gehad het nie en van alle menswaardigheid ontneem is. In Mei 2007 het sy ’n oudit in die hospitaal gedoen, wat korrupte praktyke blootgelê het. Kort daarna het sy dié bevindinge op ’n televisieprogram openbaar gemaak saam met ’n ander Arabiese vrou wat haar ondersteun het. Albei vroue het hierna geheimsinnig verdwyn. Gedurende dié tyd, is sy verkrag. Die gevangenisowerhede wou haar eers verbrand en toe onthoof. Maar haar geloof en volharding het haar deurgedra en sy is in 2008 met die hulp van die Suid-Afrikaanse ambassadeur vrygelaat. “Dis is net die hande van God wat my beskerm het,” vertel sy vandag as sy terugdink aan dié verskriklike beproewing. Noach het intussen haar ondervindinge in ’n boek weergegee wat hierdie jaar in Engels en Afrikaans beskikbaar is onder die titel Vrou Alleen. Griffel gee die boek uit. Sy spreek ook vroue reg oor Suid-Afrika toe. Die boek, wat deur resensente as baie spannend beskryf word, neem die leser op ’n reis van lyding en deernis – die storie van ’n vrou wat nie wou opgee nie. Terug in Suid-Afrika het Noach ’n paar jaar gelede ’n vaardigheidsontwikkeling-sentrum in Piketberg begin. Die doel daarvan is om vroue te bemagtig, en sy beoog nou om die projek verder te befonds met bemagtigingskursusse wat sy in Maart vanuit haar huis in Kraaifontein gaan begin. Verskeie kuns- en kunsvlytkursussse sal aangebied word, waar vroue talle vaardighede kan aanleer, soos naald-

werk en hoe om juweliersware te maak. “Ons wil gebroke mense help om hul lewens te verander, en só hoop teruggee aan vroue wat dit verloor het,” sê sy. “Almal is welkom by die wonderlike projek om vaardighede aan te leer, jouself te bemagtig en sodoende ook deel te wees van die groter projek in Piketberg.” Vir meer inligting oor die bemagtigingskursusse, kan Desireé by desiree.rorke@tygerburger.co.za gekontak word.

Dannelene Noach saam met Geraldine Fortuin wat die program gaan aanbied in Kraaifontein. Foto: Desireé Rorke


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.