KUILSRIVIER
Talk to us for
Advice
Stocking the Biggest Range of the Biggest Names !
BE THERE ! DO MISS ONU’T T!
BIG 5%, 10% & 15% DISCOUNT MADNESS !
B u r g e r
@ all branches
Thursday 26th April - Tuesday 1st May 2012
Bellville 021 944 3330
E-pos: tyger@dieburger.com Woensdag 25 April 2012 Tel: 021 910
6500
Faks: 021 910 6501
) Meisie (16) verlam ná ongeluk
Jong liefde tot niet
Maridene de Bruin en haar ma Nadine. Foto: Jessica Botes
Die enigste tyd wanneer haar gestremdheid haar onderkry, is as sy in die oggende opstaan en vergeet dat sy verlam is. “Dit is nogal ’n skok as ek wil opstaan en besef dat ek nie kan beweeg nie. Dit is waar wat hulle sê, ’n mens waardeer eers regtig dít wat jy het as jy dit verloor het”. Maridene het dié tragedie agter haar rug gesit en daar is baie dinge waarna sy nou uitsien. Sy het Maandag vir die eerste keer weer teruggegaan skool toe. “Ons is vreeslik dankbaar vir Etienne Vosloo wat ons gehelp het om Maridene by Jan Krielskool in te kry. Hy het uit sy pad gegaan om ons te help,” sê Nadine de Bruin, Maridene se ma. Rozelle Theron, eienaar van die Langverwacht-dierekliniek in Kuilsrivier, het dadelik ingespring om geld vir ’n elektriese rolstoel in te samel nadat die De Bruins se mediese fonds nie die koste wou dek nie. “Rozelle het so baie tyd aan ons afgestaan en tyd is nie iets wat ’n mens kan teruggee nie,” sê sy. Nadine sê dat hulle nou graag vir Maridene ’n bietjie meer spasie in die huis wil maak sodat sy op haar eie kan regkom. “Ons wil haar kamer uitbrei sodat sy onafhanklik kan raak,” sê sy. “Ek het nog nooit daarvan gehou om vir geld te vra nie, maar ’n mens kom op ’n punt in jou lewe waar jy moet aanvaar dat jy nie sonder die hulp van jou medemens baie ver gaan kom nie,” sê sy. Indien enigiemand Maridene en haar familie wil help, kan hulle geld aan die Maridenefonds skenk by FNB-rekeningnommer 62345833520, taknommer 201110 of Rozelle Theron kontak by rozelletheron@vodamail.co.za.
JESSICA BOTES
My belofte aan jou ek sal op my eie kan staan, al het ek nêrens om heen te gaan. Die liefde wat ek skenk aan jou is dat ek jou vir altyd en vir ewig sal onthou. Só lui die laaste strofe van ’n gedig wat Maridene de Bruin (16) geskryf het oor haar vriend, Simon Matthee (23), wat op 27 Januarie in ’n nare motorfietsongeluk oorlede is. Simon is noodlottig beseer en Maridene, wat saam met hom was, is as gevolg van ’n rugbesering verlam met geen hoop op herstel nie. “Simon het my by die huis met sy motorfiets kom haal. Ons was op pad na sy huis in Brackenfell toe ’n bakkie by die verkeerslig voor ons ingedraai het,” sê sy. Simon het probeer rem, maar die motorfiets het die bakkie getref en Maridene het van die motorfiets afgevlieg en aan die anderkant van die bakkie te lande gekom. Simon het ’n kopbesering opgedoen en is oorlede ’n week nadat hy in die hospitaal opgeneem is. “Aan die begin was dit vir my baie erg om te aanvaar dat Simon nie meer hier is nie. Maar my sielkundige het gesê ek moet al my gedagtes neerskryf en dít is waar ek begin het... om gedigte te skryf,” sê Maridene. Ook met die feit dat sy nooit weer sal kan loop nie, het sy gesukkel, maar sy het vrede gemaak daarmee. “Ek mis my dans, al die trofeë en medaljes staan nog in my kamer, maar ek het nou aanvaar dat ek nuwe bene het wat rol,” sê sy.
Simon het ’n kopbesering opgedoen en is ’n week nadat hy in die hospitaal opgeneem is, oorlede.
SUPER LOW PRICES 4kg Chicken Thighs
75
.99 per bag
Pork Texan Steak
29
.99 p/kg
Stewing Beef (Bulk)
32
.99 p/kg
1.5kg French Polony
Prices valid at all Brito’s stores from Wednesday 25 April until Saturday 28 April 2012. While Stocks Last. E&OE
14
.99 each
Pork Braai Chops
Brito’s Meat Centres Customer Information: Tel: 021 950 1000. Address: Cilmor Street, Kaymor, Stikland, 7535. www.britos.co.za
29
.99 p/kg
500ml Rasco’s Braai Sauce Hot or Original
9.99 each