TygerBurger Kuils River - 9 December 2020

Page 1

KUILSRIVIER

APPLY NOW!

INSTITUTE OF APPLIED ARCHITECTURE

TYGERVALLEY & CLAREMONT

CERTIFICATES (NQF 4&5) DIPLOMAS (NQF 6) ADVANCED DIPLOMAS (NQF 7)

www.cad4all.co.za Woensdag, 9 Desember 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.

TygerBurger

Teken in by www.netwerk24.com.

KUILSRIVIER: SPESIALIS WAARSKU TEEN INFEKSIES

‘Virus is nie moeg nie’ CARINA ROUX

A

lmal is moeg vir Covid-19, maar die infeksiesiekte-spesialis dr. Emille Reid sê die virus raak nie moeg nie. Reid woon al sowat 20 jaar in Kuilsrivier en sy praktyk is tans by die Netcare Kuilsrivier-hospitaal. As deel van infeksiesiektes en kritieke sorg wat ook onder sy veld van spesialisasie val, sien hy gereeld die siekste van die siekes, ‘‘maar die Covid-19-pandemie was vir my fisies en waarskynlik ook psigies die ergste gebeurtenis in my hele loopbaan”. Dit was ’n nagmerrie toe die hoësorgeenheid heeltyd vol was, sê hy. “Ek dink ons almal het uitgesien na ’n bietjie vakansie, ’n blaaskans. Die gevalle wat nou weer toeneem, is eintlik skrikwekkend.” Na die kruin begin afplat het en ook langtermynpasiënte uiteindelik ontslaan is, het dinge vir ’n tydjie meer ontspanne verloop. Reid sê in dié tyd het hulle heelwat siektetoestande gesien wat “nagelaat” is, omdat mense doktersafsprake uitgestel het. “Dit is ’n teleurstelling om die laaste twee (drie) weke ’n noemenswaardige toename in Covid-19-gevalle en hospitalisasies te sien.” Reid sê sy boodskap was nog altyd, ongeag of ons sielkundig of fisiek moeg is, die virus raak nie moeg nie. “Hy wag vir ons om ons swakhede te wys, wat nou maar is om nie die reëls van afstand hou, hande was, masker dra en ontsmet te volg nie.” Weens mense se ontspanne gedrag verras die stygende infeksies hom nie, maar hy sê dis sleg dat dit nou gebeur wanneer mense vir familie wil gaan kuier. Hy reken daar lê nog moeilike maande voor en sê hy beny nie die politici wat nog moeilike besluite sal moet neem nie. Met die Oos-Kaap se hospitale wat weer vol word, sê Reid die personeellede word ook siek. Genoeg beddens is net een aspek. Mense wat onder volgehoue druk werk, is meer vatbaar om siek te word. Plaaslik en elders is Reid bewus van mense wat verpleging verlaat het omdat hulle nie meer kans gesien het nie. “Ons het ’n groep mense wat uitgebrand is. Dit is waar die probleem gaan inkom in die tweede golf – (ek) kan nie dink hoe ons deur nog ’n ronde gaan (kom) met

Dr Emille Reid (voor) ondersteun nog steeds die inisiatief “Frontline Fridays”, waarin The Daily Coffee Shop koffie en ’n koekie aan gesondheidswerkers verskaf as blyk van waardering. Agter (van links) is Adele Burger, Patricia Cedras, Joanne Lawrence en Denoline van Wyk. soortgelyke of hoër intensiteit as die eerste golf nie,” sê hy. Met sowat 20% van Suid-Afrikaners wat MIV-positief is, was daar aanvanklik kommer dat die pasiënte meer vatbaar sou wees vir die Sars-CoV 2-virus, maar Reid sê soos met varkgriep (H1N1-virus) in 2009, is die teendeel ervaar. Hy sê wat bygedra het tot

MINI-MARK

sterftes met varkgriep was eerder hoë ouderdom of komorbiditeite (onderliggende siektetoestande), soos ook die geval blyk te wees by Covid-19. Hy sê “soveel as driekwart” van die baie siek Covid-19-pasiënte wat by hulle opgeneem is, was mans. “Ek het gek geskeer en gesê dis ’n vroulike

virus met die naam Covidina, maar nee, ons is onseker hoekom dit die geval is.” Daar is gedink vroue is dalk net versigtiger, maar Reid sê tog is baie van die vroue naby aan die mans, wat in ’n stryd om lewe gewikkel was, ook positief getoets, maar het hulle nie so siek geword nie. V Na bladsy 2

EERSTERIVER | TEL: 021 902 0303/082 927 6111

VALID FROM 9TH DECEMBER TO 13TH DECEMBER 2020 All offers only available at EERSTERIVER branch

R

3799

R

2400

R

5999 p\kg

R

9900

p\tray

R

6000

R

2000

30's Large Eggs

From the farm to the table Van die plaas na die tafel WHILE STOCKS LAST • OPEN 7 DAYS

BULK BUYERS WELCOME!

MINI-MARK

Buy 5in bag Milk sachets

R

3500

2x Garlic Breads

buy 4x250g mixed veg

R

6950 p\kg

Boneless Gammon or Corned Tongue

Pork texan steaks

R

6999

1.5kg Bucket Assorted Biscuits

1.3kg beef Potjiekos

R

100 00

p\bag

1.5kg Karoo wors

Buy 2x1kg Fj Burgers

R

1850

each

1kg Frozen chips

2x sasko white breads

R

3000

Buy 2x Jimmys chips

R

39 99

p/tray

ERRORS AND OMISSIONS EXCEPTED. WE TRY TO ENSURE THAT ALL ADVERTISED LINES ARE CORRECT. HOWEVER IF INFORMATION IS PRINTED INCORRECTLY OR A MISTAKE OCCURS WE WILL DISPLAY THE CORRECT INFORMATION IN-STORE. PRICES VALID WHILE STOCK LASTS. WE RESERVE THE RIGHT TO LIMIT QUANTITIES.

X1WG0BHR-AL091220


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.