TygerBurger Kuils River - 5 February 2020

Page 1

KUILSRIVIER

Woensdag, 5 Februarie 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

TygerBurger

NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.

Teken in by www.netwerk24.com.

KORONAVIRUS: DOGTER GESTRAND IN WUHAN

Familie voel magteloos CARINA ROUX

’n

Ma van Kuilsrivier, wie se dogter weens die uitbraak van die koronavirus in Wuhan, China gestrand is, sê dit voel soos ’n nagmerrie waaruit sy net nie kan wakker word nie. Simoné van Wyk sê haar dogter, SavannahLee de Lange (24), is sowat twee jaar gelede China toe. Savannah-Lee is ’n oud-leerder van beide die Laerskool en Hoërskool De Kuilen en het haar onderwysgraad aan die Stellenbosch Universiteit behaal. Simoné sê haar dogter gee by ’n goeie privaat skool onderrig en verdien ’n goeie salaris. ‘‘Sy en haar verloofde, Evan Carstens van Langebaan, was tot dusver baie gelukkig in Wuhan.’’ Simoné sê die paartjie sou op Vrydag 24 Januarie in Kaapstad land om vir 10 dae te kom kuier en hul troureëlings vir later vanjaar hier op tuisbodem te finaliseer. Die isolasiemaatreëls is egter op 22 Januarie in werking gestel – net ’n dag voor hul vlug Kaap toe sou vertrek. Die lughawe is gesluit en niemand kan in of uit Wuhan gaan nie. “Ons is almal baie hartseer en voel magteloos.” Simone sê haar dogter is ’n baie positiewe jong vrou, maar verlede Vrydag (31 Januarie) toe sy met haar gesels het, kon sy in Savannah-Lee se stem hoor dat sy onseker is oor wat volgende gaan gebeur. “Sy sê hulle wil net huis toe kom en dat die isolasie sy tol begin eis. Hulle is maar heeltyd in hul woonstel en probeer hulself besig hou. Hulle dra konstant hul maskers en pas streng higiëniese maatreëls toe.” Kos en veral beskermende maskers was teen einde verlede week baie skaars in Wuhan. “Daar is wel winkels wat nog voorraad het en in hierdie stadium het sy en Evan genoeg kos en water.” Simoné sê ’n winkelier naby die paartjie se woonstel kon hulle gelukkig

help met kos. Op Maandag (3 Februarie) het SavannahLee vir Simoné laat weet dat die Chinese regering hulle ingelig het dat maskers by hul deur afgelewer sal word. Simoné sê, “Al wat ’n mens tog vir jou kinders wil hê, is dat hulle gelukkig en veilig moet wees. Dis my plig as ma om haar te beskerm teen die aanslae van die lewe, maar nou kan ek dit nie eens doen nie. “Die virus versprei by die dag verder; al wat ons kan doen is om te wag en bid vir goeie nuus.’’ Die Wêreldgesondsheidsorganisasie (WHO) is op 31 Desember ingelig van gevalle van ’n lugweginfeksie van onbekende oorsaak in Wuhan. Teen 12 Januarie het die Chinese-gesondheidsdiens die uitbraak verbind met ’n seekosmark in Wuhan en die virus geïdentifiseer as ’n nuwe soort koronavirus (2019-nCoV). Koronavirusse is ’n groot familie virusse wat van diere ná mense oorgedra kan word. Die eerste geval van die nuwe virus buite China is op 13 Januarie in Thailand bevestig. Volgens die WHO se verslag van 3 Februarie was daar wêreldwyd reeds 17 391 bevestigde gevalle, waarvan 153 buite China. Die algehele dodetal was toe 363. Zweli Mkhize, nasionale gesondheidsminister , het verlede week in ’n nuuskonferensie gesê aangesien die Chinese regering die versekering gegee het hulle sal die situasie hanteer, is dit nie nodig om Suid-Afrikaanse burgers te ontruim nie.

Savannah-Lee de Lange, wat tans in Wuhan in China is, is hier by haar ma, Simoné van Wyk.

WHILE STOCKS LAST OPEN 7 DAYS

Errors & omissions exempted. We try to ensure that all advertised lines are correct. However if information is printed incorrectly or a mistake occurs we will display the correct information in-store. Prices valid while promotional stock lasts. We reserve the right to limit quantities.

MINI-MARK TRADING HOURS Mon to Thurs: 8.30am to 6pm • Fri: 8am to 6.30pm • Sat: 8am to 5pm • Sun: 8.30am to 1pm


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.