TygerBurger Kuils River - 29 January 2020

Page 1

KUILSRIVIER Trading Hours:• Mon to Thurs: 8.30am to 6pm • Fri: 8am to 6.30pm• Sat: 8am to 5pm • Sun: 8.30am to 1pm

9th Jan to 2nd Feb 2020

R69.99p\kg Woensdag, 29 Januarie 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.

TygerBurger

Teken in by www.netwerk24.com.

BREINSTAMKANKER: ’N VEGTERTJIE TOT DIE EINDE

Totsiens Lienka Plienka CARINA ROUX

L

iewe lawwe Lienka Plienka was haar familie se superhero, ’n rabbedoe, lief vir sport, diere en die see – haar pappa se hengelaar, en tot die einde ’n vegtertjie. In Februarie 2019 is Lienka Louw (10) – toe in graad 4 aan die Laerskool Mikro – met breinstamkanker gediagnoseer. Lienka se ma, Relene Louw, het op Lienka se Facebookblad in Desember geskryf Lienka kon nie meer loop, praat of eet nie en het gesukkel om asem te haal. Sy is in die Rondebosch mediese sentrum (RMS) opgeneem, waar ’n skandering getoon het die gewas het gegroei en daar was vog op haar brein. “Sy kan nie meer bestraling kry nie en hulle kan ook nie dreinering in die brein sit, sy sal nie narkose oorleef.” Op 21 Desember was daar bietjie goeie nuus: “Lienka is ontslaan en die gesin is voltallig. Mamma is nou die verpleegster en dokter en pappa (Jean) en ousus (Anke) die goeie assistente. Nou maak ons die beste van Kersfees!” Lienka is op 10 Januarie weens asemnood weer by RMS opgeneem en 14 Januarie ontslaan. “Sy is egter basies in ’n koma, maar sy lyk rustig en pynloos.” Twee dae later kon haar moeë lyfie nie meer nie. Op Donderdag 16 Januarie berig Relene “die hemel het vandag die mooiste engel ryker geraak. Lienka pop, ons gaan jou vreeslik mis ... Jy kan nou rondhardloop, visvang en hokkie speel sonder pyn.” Lienka was nie een vir moed opgee nie – in November het sy nog die eksamen aangepak (en uiteindelik geslaag). Sy het toe al geruime tyd gesukkel met dubbelvisie en haar balans en spraak was nie lekker nie, het Relene berig. “Sy stap soos ’n 80-jarige dronkie, maar deur dit alles kla ons superhero nie …” Ds. Chris Barnardo se troosboodskap by die gedenkdiens op Donderdag 23 Januarie by die NG kerk De Eike was dat ons Jesus met ons dood moet vertrou. “Jesus (het) vir Lienka opgetel en haar moeë, stukkende lyfie na God toe gedra – daar waar sy nie meer stukkend is nie, maar ’n nuwe lyfie gekry het sonder pyn, sonder ongemak.” Barnardo het gesê Lienka het mense ge-

NO MORE

VARIETY BOX

SANDWICH HAM SLICED 200G + LIVER SPREAD 250G + FRENCH POLONY 750G + SMOKED VIENNAS 500G + SMOKED RUSSIANS 500G

60

.00 p/box

#

Lienka Louw was baie lief vir die see. leer om voluit te leef en met oorgawe lief te hê. Sy het haar 10 aardse jare volgepak met energie, lewenslus en passie. Hy het vertel Lienka was vreesloos op die sportveld – ander sou gou leer jy mors nie

JANUWORRY

OXTAIL

met haar nie. Sy was ook ’n huppelkind en ’n natuurkind wat verskriklik lief was vir diere – veral hoenders, en Bella, die gesin se hond, wat haar soos ’n skaduwee gevolg het. “In hierdie laaste tyd was Bella so besker-

69

.99 p/kg

mend – niemand kon eintlik naby Lienka kom nie, dan wou Bella byt. In ’n stadium het sy op Lienka gaan lê, so asof sy wou sê, ‘ek beskerm jou’.” V Na bladsy 2

74.99

KALAHARI STEAK

p/kg

BRITO’S FAMILY BURGER DEAL BRITO’S CHICKEN BURGERS 8’S BRITO’S BUDGET BURGERS 8’S BRITO’S TEXAS BURGERS 8’S

ROSEMARY CHICKEN SAUSAGE

52

.99 p/kg

80

PRICES VALID AT ALL BRITO’S STORES FROM 29TH JANUARY - 4TH FEBRUARY 2020.

While stocks last. E&OE. Brito’s Meat Centres Customer Information: Tel: 021 950 1000. Cilmor Street, Kaymor, Stikland, 7535. www.britos.co.za

.00

p/combo


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.