TygerBurger Kuils River - 25 November 2020

Page 1

KUILSRIVIER Trading Hours: Mon to Thurs: 8.30am to 6pm Fri: 8am to 6.30pm • Sat: 8am to 5pm • Sun: 8.30am to 1pm

valid from 25th November to 30th November 2020 X1WEA039-AL251120

Woensdag, 25 November 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

TygerBurger

RIVERSIDE GARDENS: INWONERS MAAK GEESDRIFTIG TUIN

Tuinprojek in jong woonbuurt CARINA ROUX

B

innekort kan die jong woonbuurt Riverside Gardens sy naam gestand doen, want hier word nou geesdriftig tuingemaak. Adriaan Erasmus, een van die inwoners wat skaars ’n jaar gelede hier ingetrek het, is nou aan die spits van ’n tuinmaakprojek. Erasmus vertel hy was voorheen betrokke by projekte waar groentetuine in samewerking met die Wes-Kaapse departement van Landbou begin is, soos by die Alta du Toitskool waar hy tot vroeg vanjaar gewerk het. Die provinsiale departement, sowel as die Stad Kaapstad, het projekte wat gemeenskapstuine ondersteun. Erasmus sê hy het gehelp om die groentetuin by Alta du Toit te vestig, waarvoor die departement die geld verskaf het. Hy sê die skoolkinders is betrek om te help om die grond voor te berei en om plantjies te plant. Erasmus het in Februarie vanjaar “al voor Covid” sy werk by die skool verloor. “Kyk, toe Covid kom, toe is dit nie eens meer vir my ’n skok nie,’’ sê hy. Omdat Riverside Gardens as ’n nuwe buurt taamlik kaal was, het Erasmus begin om bietjie gras en bome aan te plant. Tydens die inperking het Erasmus en sy vrou begin om ’n voedingskema van hul huis af te bedryf. Die wyksraadslid Ebrahim Sawant sê geld wat beskikbaar gestel is deur die burgemeester, Dan Plato, is gebruik om kombuistoerusting vir die voedingskema te verskaf. Die moontlikheid van ’n gemeenskapstuin het ter sprake gekom en Sawant het ’n stuk grond vir dié doel geïdentifiseer. “Maar nou wag ons nog vir die permit,”

Groentebeddings in Riverside Gardens. sê Erasmus, en verduidelik dat die grond eers van die provinsie na die Stad oorgedra moet word vir dié doel. “Toe begryp ek, dan kan ons solank die onbenutte grond in die mense se agterplase gebruik. Ons het ’n paar rand bymekaar gegooi hier onder mekaar en Philippi toe gery om groenteplantjies en kompos te gaan koop.” Erasmus het ook besluit om by die departement van landbou navraag te doen of hulle kan help. So het hy toe te hore gekom dat hulle aansoekvorms moes invul, wat saam met afdrukke van identiteitsdokumente ingestuur is. “Ek het die mense bymekaar gekry en bietjie gemotiveer om hul eie plekke te omskep en wil hulle leer om mooi tuin te maak om ook hulself te kan onderhou,” sê hy. Op Woensdag 18 November het die departement van landbou aan 25 gesinne elk ’n hark, graaf, tuinvurk, ’n gryswaterdrom en filter, skadunet, sakke kompos, saailinge, erdwurms en ’n gieter verskaf. V Na bladsy 2

Van links is Andries Waterboer, Welcome Ngweye, Ebrahim Sawant (raadslid vir wyk 19) en Adriaan Erasmus (projekleier).

MINI-MARK

WHILE STOCKS LAST • OPEN 7 DAYS

ERRORS AND OMISSIONS EXCEPTED. WE TRY TO ENSURE THAT ALL ADVERTISED LINES ARE CORRECT. HOWEVER IF INFORMATION IS PRINTED INCORRECTLY OR A MISTAKE OCCURS WE WILL DISPLAY THE CORRECT INFORMATION IN-STORE. PRICES VALID WHILE STOCK LASTS. WE RESERVE THE RIGHT TO LIMIT QUANTITIES. X1WF7J35-AL251120


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
TygerBurger Kuils River - 25 November 2020 by Tygerburger Newspaper - Issuu