TygerBurger Kuils River - 22 January 2020

Page 1

KUILSRIVIER Trading Hours:• Mon to Thurs: 8.30am to 6pm • Fri: 8am to 6.30pm• Sat: 8am to 5pm • Sun: 8.30am to 1pm

75” 75" UHD 4K Flat Smart LED - UA75RU7100

x3

x2

2

Year Guarantee

was R29 999

TV LICENCE & ID REQUIRED WITH THE PURCHASE OF ANY TV

R19

799

Valid @ all branches until Sunday 2 February 2020 - While stocks last

X1VYDXNH-AL220120

Woensdag, 22 Januarie 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za

BELLVILLE - 021 944 3330 @TygerBurger

E&OE

TygerBurger

JAN KRIELSKOOL: PRONK BY TOEKENNINGS

Hoofmeisie vereer vir ses A’s CARINA ROUX

D

Moenie my hier los nie, pappa! Beatrice Valentyn, ’n gr. 1-onderwyser by die Laerskool Sarepta, probeer Ahluma Mogqala oorreed om haar pa, Bongani Zenzile, se hemp te laat los op haar eerste dag in graad 1. Sien nog foto’s op bladsy 7 en 8. FOTO: CARINA ROUX

ie Jan Krielskool kan breëbors pronk na die oorhandiging van die onderwysdepartement se jaarlikse seniorsertifikaattoekennings by Leeuwenhof op Donderdag 16 Januarie. Die skool is tweede op die lys van skole met die grootste styging in die persentasie kandidate wat toegang tot universiteitstudies verkry het tussen 2017 en 2019. Verlede jaar se hoofmeisie, Sunra Mostert, wat ses onderskeidings verwerf het, was een van drie kandidate wat vereer is omdat hulle uitgeblink het ten spyte van leeruitdagings. Sunra se ma, Sunra sr. sê haar dogter het aandagafleibaarheids- en hiperaktiwiteitsindroom, is disleksies en het diskalkulie – wat beteken dat konsentrasie, letters en syfers uitdagings is. Sunra was haar eerste twee skooljare ’n leerder by die Laerskool Kleinmond, voordat sy vanaf graad 3 na die Paarlskool (en koshuis) toe is. Sy was sedert 2017 (graad 10) in die Jan Krielskool Sunra sr. sê sy is self disleksies en verstaan watter uitdagings daar in ’n hoofstroomskool kan wees. Sy benadruk dit is belangrik om kinders met leerprobleme so gou moontlik in die regte (spesiale) skool te kry omdat die onderwysers beter toegerus is vir spesiale behoeftes. Om jou kind te bejammer, is egter nie die oplossing nie, sê Sunra sr. “Jammerte maak dat ons ons kinders terughou.” Sunra sr. sê haar dogter het ’n baie sterk wil en sy gee nie sommer moed op nie. Sy het maniere gevind om haar leeruitdagings te oorkom. So het sy gevind dat sy met be-

hulp van kleure en klank makliker kan leer. “Sy het nooit toegelaat dat selfbejammering in haar pad staan nie.” Sunra jr. noem eerstens konsentrasie en tyd as van die uitdagings wat sy moes oorkom – dinge neem soms vir haar net so bietjie langer. Sy sê sy moet gedurig ‘‘buite die boks’’ dink om oplossings te vind wat vir haar werk en ja, sy is vasberade soos haar ma sê, maar dit was nie altyd maklik om deur te druk nie. ‘‘Dit is elkeen se verantwoordelikheid om elke dag te probeer om beter te wees as wat jy gister was,’’ sê sy. Bernie Wright, adjunkhoof van Jan Krielskool, sê Sunra was ’n toegewyde leerder wat vir haarself doelwitte gestel het en hard gewerk het om sukses te behaal. Sunra was nie net akademies sterk nie, maar het bewys sy is ’n charismatiese leier en uitstaande spreker. “Sy pak alles aan met geesdrif en selfdissipline. Sy is ’n inspirasie vir ander en huiwer nie om op te staan vir wat reg is nie.’’ Sunra is baie opgewonde om vanjaar sielkunde aan die Universiteit Stellenbosch te studeer. Sy sê sy dink sy het die nodige insig om mense te kan verstaan en wil ander help om hul uitdagings te kan oorkom. Die onderwysers by Jan Kriel – en ook Paarlskool – was wonderlik, sê Sunra. Hulle het gehelp om “haar menswees in stand te hou en haar geleer dat sy nooit minderwaardig hoef te voel nie.” Skool het haar toegerus met die nodige vaardighede. Die toekenning was vir Sunra ’n lekker verrassing en sy is baie dankbaar vir die prys wat sy ontvang het – R10 000 kontant en ’n skootrekenaar. V Sien foto op bladsy 2.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.