KUILSRIVIER
Woensdag, 17 Februarie 2021 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
TygerBurger
NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.
Teken in by www.netwerk24.com.
Vermaak laat die poppe dans Goue Jare, Anton Treurnich se poppekasproduksie, word eersdaags op radio uitgesaai. Die verhaal sal op verskeie radiostasies uitgesaai word, insluitend Tygerberg 104FM. Die poppe tree normaalweg by senior sentrums en tehuise vir bejaardes op en word ondersteun deur die departement van maatskaplike ontwikkeling. Weens die Covid-19-pandemie moes die produksie egter ander maniere vind om seniors te vermaak. Hier is een van die karakters, Thabisa, agter die mikrofoon in die radioproduksie. Lees berig op bl. 7.
SILVER OAKS: GEMORS, RUMOER, WETTELOOSHEID KRAP INWONERS OM
Plakkers in park kwel CARINA ROUX
V
erskeie inwoners en eienaars van eiendom naby die park tussen Maraisen Gebhardtstraat in Silver Oaks in Kuilsrivier is raadop oor haweloses wat daar nesskop. Linda Koetsier, ’n trustee van Dennehofwoonstelle, wat teenaan die park geleë is, sê talle klagtes is die afgelope twee jaar by die Stad Kaapstad se wetstoepassingsafdeling
aangemeld. Verwysingsnommers word uitgereik, “maar die klagte kom niks verder as dit nie en word ook nie opgelos nie”. Inteendeel, die haweloses word meer, sê Koetsier. “Hul gevloek en geskel wat die spreekwoordelike matroos sal skaam maak, is dikwels weens drank of ’n dwelmmiddel.’’ Koetsier sê soms word vuur gemaak, wat ’n brandgevaar skep, en sonder ablusiegeriewe is dit ’n gesondheidsrisiko. Daar is ook al by inwoners se motors inge-
WHILE STOCKS LAST OPEN 7 DAYS
breek, maar Koetsier gee toe hulle kan nie bewys die plakkers was betrokke nie. “Die argeloosheid waarmee die owerhede dit hanteer, maak dit ’n ondraaglike probleem wat ons nie meer weet hoe om op te los nie,” sê Koetsier. Volgens haar word geen ander parkies in Kuilsrivier deur plakkers beset nie. Navrae aan die plaaslike raadslid en die burgemeester is nooit beantwoord nie, terwyl die polisie verduidelik het hulle kan net optree as dit ’n misdaad is, sê
Errors & omissions exempted. We try to ensure that all advertised lines are correct. However if information is printed incorrectly or a mistake occurs we will display the correct information in-store. Prices valid while promotional stock lasts. We reserve the right to limit quantities.
sy. Alle ander navrae het gelei na wetstoepassing – “ ’n doodloopstraat”. “Moet ons nou maar genoeë neem daarmee dat hierdie parkie in ’n plakkerskamp gaan ontaard?” ’n Huiseienaar aangrensend aan die park, wat anoniem wou bly, hou snags die TV aan om die klanke van buite te demp. “Die eerste aand nadat drankverkope weer gewettig is, was rumoerig,’’ sê die inwoner. V Na bladsy 2.
MINI-MARK TRADING HOURS Mon to Thurs: 8.30am to 6pm • Fri: 8am to 6.30pm • Sat: 8am to 5pm • Sun: 8.30am to 1pm
X1WJL40R-AL170221