KRAAIFONTEIN
E-pos: tyger@dieburger.com
B u r g e r Woensdag 28 Maart 2012
WEST COAST VILLAGE OPENING END APRIL www.starkeayresgc.co.za
Tel: 021 910 6500
Faks: 021 910 6501
) Werknemergeld is nie oorbetaal
Bedrogspul glo onthul DESIREÉ RORKE
Plaaslike sake-eienaars Sas en Linda Kloppers, albei 51, is verlede week op borgtog van onderskeidelik R5 000 en R1 000 vrygelaat, nadat hulle aangekla is van ses aanklagtes van bedrog. Al die aanklagtes hou verband met voorsorgfondsbedrog, wat R372 000 behels. Die getroude paar, wat Precision Engine Rebuilders in Brackenfell besit, is sowat ’n week gelede in hegtenis geneem deur ao. Hermam Beckman en Dirkie van Reenen van die Kraaifontein-polisie se speurtak. Volgens die Kraaifontein-polisie het die verdagtes glo nie die geld wat deur werknemers betaal is vir voorsorgfondsdoeleindes, oorbetaal aan die motornywerheidsraad nie. “Die werkgewers moes sewe persent van die werknemers se salarisse invorder en nog ses persent by betaal aan die motornywerheidsraad. Geen geld is egter oorbetaal nie, hoewel dit van die werknemers se salarisse afgetrek is,” sê kaptein Gerhard Niemand, polisiewoordvoerder. Die ondersoek het gevolg nadat die ses klaers in Februarie verlede jaar ’n dispuut by die motornywerheidsraad aanhangig gemaak het. Volgens Arthur Sterley, die regsbeampte by die motornywerheidsraad se kantoor in Bellville, het ’n jaarlikse inspeksie by die maatskappy wat in daardie stadium handelgedryf het as WP Automotive, daarop gedui dat die maatskappy inderdaad nie die geld oorbetaal het nie. Die hoofooreenkoms van die nywerheidsraad, wat deur die Wet op Arbeidsverhoudinge verorden word, bepaal dat alle werkgewers in die motornywerheid, die gelde moet oorbetaal in die werknemers se voorsorgfonds. “Verskeie aanmanings is aan die maatskappy gestuur en hulle is later voor die raad gedaag vir ’n arbitrasieverhoor. Hulle het egter die aanmanings ignoreer en ook nie opgedaag vir die verhoor nie,” sê hy. Volgens Sterley is ’n arbitrasietoekenning in hul afwesigheid uitgereik waarvolgens hulle die geld moes uitbetaal, maar het hulle ook dié toekenning geïgnoreer. Eers nadat die CCMA ’n lasbrief vir eksekusie aan die balju gestuur het, het die beskuldigdes reageer deur die maatskappy te likwideer,” sê hy. Die klaers is deur die motornywerheidsraad na die polisie verwys vir verdere kriminele ondersoeke. Volgens ’n TygerBurger-bron was die klaers almal ongeveer een jaar in diens van die verdagtes. Die Kloppers-egpaar verskyn weer op 14 Junie in die Kuilsrivier-landdroshof. Mense met meer inligting of wat soortgelyke klagtes het wat aan bogenoemde gekoppel kan word, kan die speurders skakel by 021 980 5500. . Teen druktyd het TygerBurger nog geen kommentaar van die beskuldigdes se regslui ontvang nie.
Paartjie trou in styl by hospitaal Maryke Roelofse en haar man, Gerhardt, is hier pas getroud by die MediClinic Durbanville, waar Gerhardt vir meer as twee weke ’n pasiënt was. Berig op bladsy 2. Foto: Carina Roux