Tygerburger Kraaifontein 18 Julie 2012

Page 1

KRAAIFONTEIN

Talk to us for

Advice

Stocking the Biggest Range of the Biggest Names !

PROUD STOCKIST of the NEW SEALY BEDDING RANGE !

E-pos: tyger@dieburger.com

B u r g e r

Woensdag 18 Julie 2012

NOW EXCLUSIVELY AVAILABLE @ YOUR NEAREST TAFELBERG BRANCH ! Bellville 021 944 3330

Tel: 021 910 6500

www.tygerburger.co.za

) Ferdinand vermag ‘onmoontlike’

Fees herrys uit as!

Inside: Madiba Day: Our readers’ views...

DESIREÉ RORKE

Die Oktober-fees gaan voort! En dit gaan vanjaar groter as ooit vantevore wees met ’n helderkleurige nuwe baadjie danksy die bekende persoonlikheid Ferdinand Rabie. Rabie, in samewerking met Isabel K-promosies, het dié gewilde nie-winsgewende fees oorgeneem nadat dit in Junie afgestel is as gevolg van ’n tekort aan borge. (“Oktoberfees se doppie is ook nou geklink”, TygerBurger, 27 Junie). In ’n rekordtyd van twee weke het die nuwe bestuur die onmoontlike vermag met hoofborge soos Coca-Cola en die nuwe Makro by CapeGate aan boord. Dié tak open sy deure aan die einde van Augustus. Die fees, een van die oudstes in die Wes-Kaap, sal vanjaar 29 jaar oud wees. Dit is in 1983 gestig en het oor die jare gegroei van 10 stalletjies en 420 besoekers tot oor ’n honderd stalletjies en 5 000 besoekers. Vanjaar se tema is “Local is Lekker”, wat beteken die splinternuwe feesbestuur wil die gemeenskap van die noordelike voorstede soveel moontlik betrek by die fees. “Dis nie net ’n musiekfees nie, maar ’n fees vir die mense. ’n Fees kan net suksesvol wees as die gemeenskap daarby betrokke is,” sê Rabie. Volgens Rabie gaan die fees ’n nuwer jonger gevoel hê en is groot musiekname soos Karen Zoid, Arno Carstens, Anton Goosen, Gian Groen en die Heuwels Fantasties reeds bevestig. Die nuwe bestuur het ook besluit om vanjaar minder stalletjies te hê. “Ons gaan net 80 unieke stalletjies uitverhuur om te verseker dieselde produkte word nie by verskeie stalletjies verkoop nie,” sê hy en nooi mense met unieke en interessante produkte uit om aansoek te doen vir ’n stalletjie. Rabie sê die fees gaan gesinsvriendelik wees en daar gaan selfs ’n kindersorgsentrum met onderwysers wees. Aktiwiteite sluit in ’n pretpark, die kroning van Mej. Oktoberfees, ’n potjiekoskompetisie, motoruitstallings, verskeie kinderaktiwiteite, grootskerm-rugby, ’n biertent en wynhuis. “Al die kos van die potjiekoskompetisie sal geskenk word aan welsynsorganisasies in die omgewing, en soveel moontlike skenkings sal gemaak word,” sê hy. Die Mej. Oktoberfees-kompetisie sal ook uniek wees in die sin dat die deelnemers betrokke sal wees by fondsinsamelings en kaartjieverkope, en die wenners gaan wegstap met groot pryse. Die fees vind op 26 en 27 Oktober by Zoopark plaas. Kaartjieverkope open Maandag by Computicket teen R120 vir ’n naweekkaartjie of R70 vir Vrydag en R90 vir Saterdag. Kinders onder ses woon dit gratis by en pensioenarisse en kinders onder 12 betaal R40. Borge en algehele navrae kan gerig word aan Tania by 084 393 9997 en stalletjies kan bespreek word by Mona by 083 265 7603.

DO YOU SUFFER FROM BACK PAIN? A typical response to experiencing back pain is to take it easy - either staying in bed or at least stopping any activity that is at all strenuous. While this approach is understandable and may even be recommended in the short term, when done for more than a day or two it can actually undermine healing. Instead, active forms of back exercises are almost always necessary to rehabilitate the spine and help alleviate back pain.

Zest Specialised Fitness and Rehabilitation focuses on fitness and rehabilitation. It is our aim to help you recover from injury or pain, rebuild muscle strength, and provide therapeutic training for sustainable health.

A Suite E, Cape Gate Decor Centre, Okavango Drive, Brackenfell, 7560

T + 27 (0) 21 701 3203 F + 27 (0) 21 701 3225 w www.zestgym.co.za E info@zestfitness.com

Ferdinand Rabie het die Oktoberfees oorgeneem en gaan seker maak dit kry ’n nuwer en jonger gevoel. Foto: Desireé Rorke

7

Natural beauty celebrated

Little cancer fighters

8

12


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.