Tygerburger Kraaifontein 18 April 2012

Page 1

KRAAIFONTEIN

Pats Service Station

Giving you more km’s for less ...

R10.69

Diesel 500ppm

Valid until 1 May 2012 Monday – Saturday 06h00 – 22h00 Sundays 06h00 – 20h00 ATM In store now

Pats Service Station

E-pos: tyger@dieburger.com

B u r g e r Woensdag 18 April 2012

21 Modderdam Rd Bellville South 7531 Phone: 021 951 8969 E-mail: agamien@gemail.co.za

Tel: 021 910 6500

Brent Oil (Pty) Limited

Faks: 021 910 6501

) No Limits­sluiting raak honderde

Kinders herderloos DESIREÉ RORKE

Honderde straatkinders in Kraaifontein sal voortaan geen maatskaplike dienste ontvang nie, wanneer die maatskaplike program van No Limits aan die einde van April ophou bestaan. Die program, wat ’n holistiese benadering tot dié kwessie neem, het vir meer as 10 jaar uitstekende werk gedoen onder die straatkinders en hoërisiko-kinders in die noordelike voorstede van Kaapstad. Maar dit was veral die kinders van Scottsdene, Scottsville, Wallacedene, Parow en Kuilsrivier wat die meeste hierby gebaat het. Die program het in 1995 as ’n projek van die Christelike Maatskaplike Raad in Parow begin, maar is in 1999 geregistreer as ’n onafhanklike program vir straatkinders. Sedert 2003 het die program deel uitgemaak van Badisa-maatskaplike dienste. Maatskaplike werkers van die organisasie het elke week sakesentrums reg oor die noordelike voorstede besoek om kinders wat op straat bedel op te spoor en te probeer help. By die No Limitssentrum in Bellville is die kinders met onmiddellike nood, bygestaan met kos, klere, persoonlike hiegiëne en vaardigheidsontwikkeling, terwyl die ander wat net op straat bedel, ondersteuning ontvang het om weer terug te gaan na hul ouerhuise en in te skakel by skole. Skole in die gebied sowel as huisgesinne waaruit die kinders kom, is gereeld besoek om die welstand van die kinders te mo-

Straatkinders in Kraaifontein gaan voortaan nie meer die ondersteuning kry wat hulle voorheen van No Limits gekry het nie. Die organisasie maak die einde van die maand hulle deure toe. Foto: Werner Hills nitor. Verder is vakansieprogramme en ouerleiding aangebied vir ouers met hoërisiko-kinders. Volgens die programbestuurder, Isabel Swarts, sit ernstige finansiële probleme al vir jare

druk op die program. “Die toelaag wat die program van die provinsiale departement van maatskaplike ontwikkeling ontvang, het die afgelope drie jaar nog nie vermeerder nie, hoewel personeelsalarisse aangepas moes

word en daaglikse uitgawes saam met inflasie toegeneem het.” Voorheen het die program ’n toelaag van die Kaapse munisipalititeit ontvang wat ook nie meer die geval is nie. “Ná ’n jarelange gesukkel is

die tender wat ons by die munisipaliteit ingedien het, in Maart vanjaar goedgekeur, (en word dit in klein maandelikse bedrae uitbetaal), maar dit was toe al te laat om die organisasie te red,” sê sy. . Na bladsy 2.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.