KRAAIFONTEIN
A MASSIVE VARIETY OF PLANTS AT LESS
30%
6 September 2020. While stocks last
Woensdag, 2 September 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
TygerBurger
NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.
Teken in by www.netwerk24.com.
Joseph Hillier bewonder die mitmagriet-blomme wat nou in volle blom is. FOTO: MEGAN SMITH
BRACKEN-NATUURRESERVAAT: FAUNA EN FLORA TE SIEN
Lenteblomme is hier DESIRÉE RORKE @dezzierorke
N
á die goeie winterreën ontvou ’n kleurryke see van blommeprag nou in die Bracken-natuurreservaat. “Wilderoosmaryn, wildedagga, salie, suurvygies, sterretjies, draadblaar en wit magrietblomme is net ’n paar van die verskeie blomsoorte in die reservaat wat tans aan die blom is,” sê dr. Mariette Wheeler,
voorsitter van die Vriende van die Brackennatuurreservaat. Besoekers kan ook uitkyk vir ’n verskeidenheid van voël- en diersoorte. Daaronder is die rooipensskilpad, blaasoppie-padda, Kaapse duinmol en Kaapse ystervark. Voëls sluit in die Kaapse fisant, witkruismuisvoël, karoolangstertjie, swerfvalk, rooiborsjakkalsvoël, jangroentjie, tarentale en mossies.
“Baie gebiede reg oor die stad is reeds met lenteblomme bedek, maar die stadsreservate is waarlik die moeite werd om te besoek, aangesien hierdie bewaringsgebiede die perfekte plekke bied om van hierdie besienswaardighede te geniet, terwyl besoekers die res van die natuurskoon by die reservate kan verken,” sê Marian Nieuwoudt, burgemeesterskomiteelid vir omgewingsake en raadslid in Brackenfell. “Ons reservate is ryk aan plantegroei en
dierelewe, en ek glo dat baie Kapenaars hierdie wonderlike reservate nog nie ontdek het nie. As ’n besoek om vanjaar se bloeisels te sien nog nie op jou program is nie, moedig ek jou aan om dit ernstig te oorweeg. “Die Bracken-natuurreservaat spog jaarliks met pragtige lenteblomme – ’n skouspel wat inwoners nie kan misloop nie. Nieuwoudt herinner daaraan dat die beste tyd om blomme te kyk in die namiddag is. V Na bladsy 5