KRAAIFONTEIN
Woensdag, 23 September 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
TygerBurger
NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.
Teken in by www.netwerk24.com.
Owl family moves in A family of spotted eagle owls have moved into Monte Vista where they have been breeding at one of the houses for the past nearly three years. The homeowner says spotted eagle owls are indigenous to South Africa, and quite common in these areas. Read more on page 11. PHOTO: MICHÉLE STEYN
NYWERHEIDSGEBIEDE: STAD WIL ONDERNEMINGS HELP
Plan om sake te red DESIRÉE RORKE @dezzierorke
’n
Program om sake-ondernemings in Kaapstad te red, is verlede week deur die Stad van stapel gestuur en opnames by ondernemings in nywerheidsgebiede in Brackenfell, Bellville en Parow word tans gedoen. “In ’n poging om ondernemings te help om van die impak van inperking te herstel, werk ek onverpoos saam met my amptenare by die Stad se departement ondernemings en investering om te verseker dat plaaslike ondernemings nie sluit nie, maar eerder groei,” sê James Vos, burgemeesterskomiteelid vir ekonomiese geleenthede in die Stad Kaapstad. Die departement volg ’n tweeledige benadering om sake-behoud en -uitbreiding in
Kaapstad te help verseker. Die eerste benadering behels opnames by ondernemings in elk van Kaapstad se 26 nywerheidsgebiede. “Dié program is ’n gemeenskapsgeborgde inisiatief en behels ’n plaaslike taakspan van gemeenskapsvrywilligers wat onderhoude by ondernemings gaan voer om onder meer vas te stel wat hul huidige behoeftes, kommer, voorstelle en persepsies is,” verduidelik hy. “Die idee is om na kwessies te kyk wat binne ons (Stad Kaapstad) beheer is, en wat die groei van ondernemings belemmer. “Die voordele hiervan is dat ons dringende sake in die kort termyn kan identifiseer wat sake in die wiele ry, en waaraan ons dan binne ons mandaat kan aandag skenk.” Die opname sal dan in die langer termyn help om meer sistemiese kwessies te identi-
fiseer wat aandag moet kry. Vos beoog om ná die opname aksieplanne in werking te stel om struikelblokke op te los en geleenthede te identifiseer. Die program sal aanvanklik, en weens personeeltekorte en begrotingsbeperkings, in drie gebiede bekend gestel word. “Ons moet aan die gang kom, al is dit net in drie gebiede; dit is beter as om niks te doen nie, en ons hoop om die program so gou as moontlik in nog baie ander gebiede in werking te stel,” sy hy. Die eerste opnames behoort teen die einde van September afgehandel te wees, waarna die ontleding aan die begin van Oktober gedoen sal word. “Ons verwag om teen die einde van Oktober al aksieplanne opgestel te hê. Die getal ondernemings wat ons sal kan help, sal bekend wees sodra ons die opname gedoen, dit
ontleed en geïdentifiseer het waarmee die Stad binne sy magte kan help,” sê hy. Die tweede benadering behels die identifisering van en bystand aan sakeondernemings wat tans swaarkry. Die doelwit van die sakesteunprogram is om ondernemings te help om uitdagings soos afname in winste, verkope of kontantvloei aan te pak. “Hiermee wil ons help om moontlike likwidasie, sluiting of werksverliese te voorkom.” Dié program, in samewerking met Produktiwiteit SA (PSA), gaan fokus op ondernemings wat swaarkry en sukkel om met hul munisipale diensterekeninge by te bly. “Die departement het reeds ’n lys aangevra van ondernemings wat al langer as drie maande agterstallig is, en sal hulle nooi om aansoek te doen,” sê Vos. V Na bladsy 2.