Tygerburger goodwood 30 apr 2014

Page 1

GOODWOOD

Woensdag, 30 April 2014 | Tel: 021 910 6500 | e­pos: nuus@tygerburger.co.za | www.tygerburger.co.za

Gewese hoofde byeen Die Hoërskool President in Goodwood het Vrydag 50 jaar oud geword en om dié mylpaal te vier, is ’n monument op die skoolterrein onthul. Die huidige skoolhoof van die Hoërskool Presi­ dent, Gerrit Odendaal (heel links), is hier saam met oud­hoofde, (van links) Dutton Terreblanche, dr. Piet le Roux en Pieter Colyn en Tienie Brand. Aan die regterkant van die monument is Chris Colyn en Hannes Brand, lede van die heel eerste personeel van die skool vyftig jaar gelede. Berig op bl. 8. FOTO: BRENDEN RUITER

HUURGELD VERHOOG: PAARTJIE MET UITSETTING GEDREIG

Skei nou enigste uitweg BRENDEN RUITER

H

ulle het nêrens om heen te gaan nie, nou gaan hulle maar skei. Dit is die drastiese besluit wat ’n gay-egpaar van Ruyterwacht moes neem, omdat hulle nie die huurgeld vir hul blyplek kan bekostig nie. Christiaan Cogill en sy man, Shaun, is reeds drie jaar getroud en deel ’n huis wat aan ’n behuisingskema vir lae-inkomste groepe behoort. Christiaan woon reeds twee jaar in die huis ná hy vroeër in ’n ander huis van dieselfde skema gewoon het. Hy beweer nou die huurgeld is verhoog sedert hy getroud is en sy man by hom woon. “My hart is stukkend,” sê Christiaan by sy skakelhuis in Sjielingstraat in Ruyter-

wacht. “Huurgeld het skielik van R690 tot R1 300 per maand geklim. Ons wil nie ons huwelik beëindig nie, maar wat kan ons dan nou maak? Miskien as ek weer alleen in die huis bly, gaan die huurgeld verminder word. Die huurgeld is net te veel en ek het nêrens om heen te gaan nie. Ek weet ook nie waarheen Shaun moet gaan nie.”

Druk Die druk van die dreigende uitsetting en die komende skei-storie is besig om aan Christiaan en Shaun te vreet. Só erg is dit dat Shaun onlangs sy eie lewe wou neem. “Hy het ’n oordosis pille gedrink en was vir drie weke in die Tygerberg-hospitaal. Weens die medikasie wat hy gebruik, kry hy angsaanvalle en kan nie werk nie,” sê Chris-

tiaan bekommerd. Christiaan en Shaun kry ongeskiktheidstoelaes. “Hoe kan die huur sommer oornag meer as verdubbel?” wonder Christiaan. “Iewers is iets nie lekker nie. Ek was nog nooit agter met my huurgeld nie, maar hulle wil my sommer op straat gooi. Dit gaan by tye so swaar dat ons by die bure moet vra vir kos. Gelukkig is hier mense wat vir ander omgee. Ons kan net nie die huurgeld bekostig nie, want my toelaag is R1 200 per maand. Ons weet ook nie vir hoe lank Shaun nog ’n toelaag gaan ontvang nie.” Shaun sê op sy beurt wil hy nie skei nie, maar in dié stadium blyk dit die enigste uitweg te wees. “Ons sit en wag net vir die skeipapiere om deur te kom en dit is vir ons baie pynlik. Dit voel asof ek in twee gebreek is.

Ek kan nie by familie gaan bly nie, want hulle plekke is ook reeds vol mense. Ek is lief vir Christiaan en sal enigiets doen sodat hy herberg het,” sê Shaun.

Toelaag Hy sal ook nie ’n ander plek kan bekostig nie, want sy toelaag is net tydelik. “Wie sal aan iemand ’n plek verhuur wie se toelaag enige oomblik gestaak kan word? My sielkundige sê ook ek kan nie werk nie. Ek kan nie tussen mense bestaan nie, dan raak ek siek,” vertel Shaun. Teen druktyd het TygerBurger nog nie kommentaar van die behuisingskema ontvang oor hoekom die Cogills se huur verhoog is en hoekom hulle moet waai nie. V Nóg ’n berig op bl. 8.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.