Tygerburger Goodwood 21 March 2012

Page 1

GOODWOOD

B u r g e r E-pos: tyger@dieburger.com

Woensdag 21 Maart 2012

Tel: 021 910 6500

Faks: 021 910 6501

) Wette, spoorlose ma bemoeilik sake

Seun (4) sonder naam ANDRÉ BAKKES

Identiteitloos op vier! Dit is die ontstellende status van ’n ongeregistreerde seuntjie van Ruyterwacht. In die wrede praktyk beteken dit dat as hy siek word, sal geen dokter hom gesond maak nie en as hy skool toe wil gaan, sal

Francois Bosman en die vier­jarige Jordan.

niemand hom aanvaar nie. Volgens Suid-Afrika bestaan hy nie, want hy is ná vier jaar nog stééds nie geregisteer nie. Terwyl sy maatjies hulle met karretjies en wegkruipertjie ophou, is daar ’n donker geskiedenis wat in Jordan Bosman skuil. Sy pa, Francois (23), het Jordan se storie vertel, maar TygerBurger kan tot dusver niks met die ma, Belinda Byleveldt, bevestig nie. Volgens Francois het Belinda na bewering hul seuntjie in Namibië vir R25 000 probeer verkoop. Later het sy glo die week oue kind agter-in ’n vragmotor oor die grens na Suid-Afrika gesmokkel. Sy het toe blykbaar vir Jordan by Francois gelos en weer Namibië toe gevlug. Volgens Bettie Peters van Parow Badisa, kan Jordan slegs in die naburige land geregistreer word as die ma en die pa teenwoordig is, maar ná vier jaar is dit nog steeds “onmoontlik” om vir Belinda op te spoor. Dit is egter ’n absurde geval, want Belinda is lewensgroot op Facebook, en enigiemand kan boodskappe vir haar stuur of sien wat sy nou aanvang. Sy het ongelukkig nie reageer op ’n Facebook-pleidooi van TygerBurger nie. Francois het vir TygerBurger sy weergawe van die verhaal vertel terwyl Jordan in ’n ander kamer gespeel het. “Ek het Belinda in Moorreesburg ontmoet en ons was ’n paar jaar saam toe sy wou trou. Ek was 16 en sy was 20,” verduidelik Francois. Volgens hom het hy vir haar gesê dat dit te vroeg is. Toe het sy van die pil af gegaan en swanger geraak. Francois wou eers seker maak dat die kind syne was, maar op die dag wat hulle vir toetse sou gaan, het Belinda “verdwyn”. Foto: André Bakkes “Haar plek was leeg!”

sê hy. “Nege maande later in 2009 stuur sy toe vir my ma ’n boodskap dat as sy haar kleinkind wil sien, dan sal sy foto’s vir haar stuur.” Francois vind toe eers uit dat sy in Windhoek is en sê toe vir Belinda dat hy haar daar sal ontmoet. Twee dae later bel sy om 23:00 vir Francois en sê sy en die week oue babatjie wag vir hom langs die N7. Terwyl sy by hom gebly het, het hy ’n nommer op haar selfoon gebel en uitgevind dat Belinda al die tyd hul kind wou verkoop. “Belinda wou voortgaan met haar swangerskap, maar sy het nie geld gehad vir alles nie. Toe het sy hierdie mense ontmoet wat vir haar gesê het dat hulle al die mediese onkoste sal betaal en R25 000 vir haar sal gee in ruil vir die baba. “Ek het vir hulle gevra om ’n polisieverklaring van hul ervaring te stuur, wat hulle toe gedoen het.” Francois het toe na binnelandse sake gegaan om raad te kry oor hoe Jordan geregistreer gaan word, maar hulle het hom laat wag in ’n kamer en hom toe in hegtenis geneem. Hy het die volgende dag in die hof verskyn waarna hy vrygelaat is, maar daar is aan hom verduidelik dat Jordan in Namibië geregistreer moet word. Francois vra toe die seuntjie se ma om eers by die polisiestasie ’n verklaring te gaan aflê waarin sy duidelik maak dat sy vir Jordan in sy pa se sorg los. Sy het egter die huis verlaat en nooit weer teruggekom nie. Jordan is toe later in die sorg geplaas van Francois se ouers, maar daar was nog geen vordering met die registrasie gemaak nie. Francois het Namibië toe gegaan en daar is vir hom gesê dat die ma ook teenwoordig moet wees tydens registrasie. Terug in Suid-Afrika het Parow Badisa al alles probeer om die ma op te spoor, maar tot op hede het niks daarvan gekom nie. Terwyl die volwassenes voortgaan en die wette van die twee lande, dinge oneindig bemoeilik, raak die oulike seuntjie sonder ’n naam net ouer en ouer. “Ek weet nie meer wat om te doen nie,” sluit die moedelose Francois af.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.