TygerBurger Goodwood - 10 June 2020

Page 1

GOODWOOD

Woensdag, 10 Junie 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

TygerBurger

NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.

Teken in by www.netwerk24.com.

Maan betower Lorraine Mathewson, ’n afgetrede bibliotekaresse van Brackenfell, het verlede week dié foto geneem van die maan soos dit oor die Bottelaryheuwels opkom. FOTO: LORRAINE MATHEWSON

WATER WARRIORS: DONASIES STEEDS WELKOM

Hulp op pad vir boere TARRYN-LEIGH SOLOMONS @tarryns07

D

ie nie-winsgewende organisasie South African Water Warriors (SAWW) sal aanstaande maand broodnodige verligting in Vanwyksvlei en Brandvlei in die Noord-Kaap bring. Die organisasie is gestig deur Deon Smit, ’n afgetrede brandweerman van Goodwood. Aangesien hy ’n passie het om water te bespaar, het hy SAWW in 2018 begin met die doel om water by die publiek en ondernemings in

te samel en dit dan met die hulp van vrywilligers na gebiede te versprei waar nood is. “Die hele wêreld word amper tot stilstand gebring, maar niks stuit die verwoestende droogte in die Noord-Kaap nie. “Nog ’n jaar van ondergemiddelde reënval laat die boeregemeenskappe opnuut moedeloos na die verwoesting staar,” sê Smit. Die skenking sal op 4 Julie plaasvind. Volgens Smit het menige boer afgeskaal, maar sukkel hulle steeds om die minder vee aan die lewe te

hou. “Party gesinne se finansies is heeltemal uitgeput; spaargeld is reeds gebruik en selfs hul eie koskaste is leeg en ook dié van hul werkers. “SAWW bied bystand vir gesinne in droogte danksy donasies van die publiek. Met die permitte in plek is die organisasie nou weer volstoom aan die gang en beoog hy om Vanwyksvlei en Brandvlei op 4 Julie te besoek. Altesaam 245 gesinne is op die lys vir verligting en hulp. Die oorspronklike uitreik sou al in April plaasgevind het,

maar kon nie voortgaan nie en die nood raak groter by die dag. “Boere verkoop vee, voertuie en het geen inkomste nie. Indien ons hulle nie help nie, wie gaan? Indien ons nie nou help nie, gaan dit te laat wees vir van ons boere en hul werkers,” sê Smit. Hy sê donasies van nie-bederfbare kos soos rys, pasta, soja, blikkieskos en meel word dringend benodig. “So ook is verseëlde 5 liter-bottels water, troeteldierkos en kontant dringend nodig om die uitreikprojek moontlik te maak.

“Elke donasie, ongeag hoe klein, maak ’n groot verskil. Geld sal aangewend word om veevoer van skenkers na die Noord-Kaap te vervoer. “Daar stroom ook nou versoeke in vir reinigingsmiddels, asook maskers vir die boere se gesinne en hul werkers. Dis moeilik bekombaar en met die geld wat op is, is die keuse tussen voedsel of reinigers,” sê hy. Vir meer inligting oor die uitreikprojek en waar donasies afgelewer kan word, besoek South African Water Warriors op Facebook of bel Deon Smit by 082 738 2702.

bulk buy

BRITO’S

CHOICE

FAMILY WINTER WARMERS

CHICKEN BREAST FILLET

FREE FRENCH 250G DEAL HAM & TONGUE POLONY 750G + CHICKEN POLONY 750G +

42

.00

p/combo

49

.99

GROUND BEEF - 1.5KG

p/kg

95.00 p/pack

r12

double

saving

deal

p/kg

FREE 250g ch fren y n o l po

STEWING BEEF

62

.99 p/kg

PRICES VALID AT ALL BRITO’S STORES FROM 10TH - 16TH JUNE 2020

PORK BANGERS - 2 X 400G

40.00

While stocks last. E&OE. Brito’s Meat Centres Customer Information: Tel: 021 950 1000. Cilmor Street, Kaymor, Stikland, 7535. www.britos.co.za

for 2


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.