Tygerburger Elsiesrivier 28 Maart 2012

Page 1

ELSIES RIVER STEEL MERCHANTS, WHOLESALE TO THE PUBLIC Stockists of Steel Tubing, Flat Bars & Angle Irons. Wholesale to the public

VIBE EXTENSIONS 2.4m

B u r g e r E-pos: tyger@dieburger.com

Woensdag 28 Maart 2012

R45

338 HALT RD, ELSIES RIVER 082 490 5225

WE DELIVER

Tel: 021 910 6500

021 933 1634

ALL CREDIT CARDS ACCEPTED

Faks: 021 910 6501

Cleanup day for polluted river canal Craig Lawrence and Ncumi­ sa Gubula try some team­ work to clean the Elsies­ kraal River Canal during World Water Day. Grand­ West Casino and the city of Cape Town joined forces in a day which saw Executive Mayor Patricia de Lille deli­ vering the keynote address and many others cleaning the canal. Read more on pa­ ge 6. Photo: André Bakkes

) Natuurlike habitat word verwoes

Gifslange in buurte JANA BEKKER

Giftige slange wat deesdae in woongebiede rondseil is die gevolg van behuisingsontwikkelings wat die afgelope jare slange se natuurlike habitat verwoes het. Só sê Bellville-slangredder Shaun MacLeod, nadat ’n Kaapse kobra onlangs by ’n huis in De Bron opgemerk is. Chantél Snyman en Jean Schoe-

man het een aand om 18:00 dié slang op hul stoep gesien. “Die slang was ongeveer 1,4 meter lank en het rustig heen en weer oor die stoep en in die tuin beweeg en uiteindelik homself in ’n klein boompie opgekrul,” sê Chantél. Hulle het drie slangkenners gebel, maar kon niemand in die hande kry nie. Teen sonsondergang kon hulle nie meer die slang sien nie en het hom ook nie daarna weer gesien nie. ’n Dag later het ’n kenner hul huis

besoek om te kyk of daar dalk broeigebiede in hulle tuin was, maar dié moontlikheid is uitgesluit. “Die slang het moontlik net deur ons tuin beweeg op pad iewers heen,” sê Chantél. Sy het ’n foto geneem van die slang, waarop Shaun sê dit is duidelik aan die manier waarop die slang aan die tak klou, dat dit vreesbevange is. Shaun sê die mens is te blameer vir slange wat deesdae in woongebiede inbeweeg, aangesien dié rep-

tiele se natuurlike habitat uitgewis word deur behuisingsontwikkelings. Hy sê mense lok deur hul troeteldiere se kosbakke met kos in, rotte en muise na hul erwe en op dié manier ook onvermydelik slange. Volgens Shaun was die oproepe wat hy 20 jaar gelede ontvang het, vir molslange, maar weens ontwikkelings kom giftige slange nou in woongebiede voor. “Slange lewe in die veld en doen enigiets om konfrontasie met die mens te vermy,” sê hy. Shaun sê

omdat slange se natuurlike habitat uitgeroei word, gebeur dit dat slange soms in ’n pad afseil. “Sodra ’n slang egter gesien word, doen mense wat hulle kan om die slang dood te slaan,” sê hy. Hy sê geen slang sal ’n mens eerste aanval nie. “Slange sal hulself teen ’n mens beskerm, maar sal nooit eerste aanval nie.” Shaun sê wanneer ’n Kaapse kobra verras word, sal die slang sy kop oplig en lug deur sy neus blaas. . Na bladsy 2.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.