Tygerburger Eersterivier & Blue-Downs 20 June 2012

Page 1

EERSTE RIVER / BLUE DOWNS

B u r g e r

Binne:

E-pos: tyger@dieburger.com

Woensdag 20 Junie 2012

3 Big donation, big smiles

Tel: 021 910 6500

9 ‘Melk kom van koeie’

Faks: 021 910 6501

11 Wen ’n wyntoer en ­proe

Borgaansoek in hooggeregshof:

‘Nee’ vir Jacob CARMEN JACOBS

Die borgaansoek van Jacob Humphreys is afgekeur. Humphreys van Devon Park, Eersterivier, was die bestuurder van die minibustaxi waarin tien skoolkinders twee jaar gelede gesterf het op pad skool toe nadat hul taxi met ’n aankomende trein by die

Jacob Humphreys met sy vonnisop­ legging in Februarie vanjaar in die regsbank in die Kaapse Hooggeregs­ hof. Foto: Danielle Karallis

Buttskop-spooroorgang in Blackheath gebots het. Humphreys het, volgens ooggetuies op die toneel, die oggend van die ongeluk deur die versperrings op die spooroorgang gery. Die versperrings was toe reeds gesak. Hy is verlede jaar Desember in die Kaapse Hooggeregshof skuldig bevind op tien aanklagte van moord en vier van poging tot moord. Hy is in Februarie vanjaar tot 20 jaar tronkstraf gevonnis. Humphreys se regsspan (adv. Johann Engelbrecht en prokureur Anver Titus) het egter in Mei vanjaar appél teen sy vonnis en skuldigbevinding by die appélhof in Bloemfontein ingedien. Humphreys se regsspan het die borgaansoek voor die Kaapse Hooggeregshof gebring terwyl hy wag vir sy appélaansoek wat vir volgende jaar by die Bloemfonteinse appélhof geskeduleer is. Humphreys is in 2010 by die Blue Downs-landdroshof op borgtog van R20 000 vrygelaat en was tot met sy vonnisoplegging op borgtog uit. Luidens ’n berig in Die Burger is die dringende borgaan-

soek geweier wat verlede Woensdag 13 Junie by die Kaapse Hooggeregshof deur waarnemende regter Robert Stelzner aangehoor is. Volgens Die Burger het regter Stelzner gesê die borgtog word afgekeur weens die feit dat sy kanse skraal is dat hy nie regstreekse tronkstraf sal uitdien nie – al word sy skuldigbevinding van moord na strafbare manslag verander. Humphreys bly egter nou in aanhouding in die Drakenstein-gevangenis. Een van die ouers wat haar kind in die ongeluk verloor het, Ingrid Augis van Eersteriver, sê dit maak aan haar verlies geen verskil indien Humphreys tronkstraf uitdien of nie. Haar kind Lisle, of “Little Rock” soos sy wyd bekend was, was onderweg na die Laerskool Goeie Hoop in Kuilsrivier toe sy in die taxitreinongeluk gesterf het. In antwoord op die vraag hoe sy sal voel indien Humphreys se appélaansoek in Bloemfontein gunstig oorweeg word, het Ingrid gesê: “Die wond is klaar geslaan. Niks gaan my kind terugbring nie.” Sy vra hoekom kan hulle nie vir Humphreys buite die gevangenis aanwend om ander taxi-bestuurders te leer om nie dieselfde fout te begaan nie? “Wat kan hy in die tronk beteken? Almal gaan net van hom vergeet,” sê sy.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Tygerburger Eersterivier & Blue-Downs 20 June 2012 by Tygerburger Newspaper - Issuu