EERSTERIVIER & BLUE-DOWNS
Woensdag, 18 September 2013 | Tel: 021 910 6500 | epos: nuus@tygerburger.co.za | www.tygerburger.co.za
Bewustheid geskep oor diarree by die Wesbankkliniek Die Wesbankkliniek begin op 1 Oktober met sy diarreebewustheidsmaand. HIer is (van links) Danielle Oosthuizen, Marelize van der Spuy met haar seuntjie, Rayden (1), en Abigail Kok. Hulle is almal van Wesbank, en staan hier langs die klinkiek by die multidoel sentrum. Die wit maskers wat hulle dra, is deel van die kliniek se tuberkulosebekam pingsveldtog. FOTO: MICHELLE LINNERT
BLUE DOWNS: SUBFORUM KLA OOR GEBREK AAN DIENS, BESKERMING
Mense ‘keelvol vir polisie’ MICHELLE LINNERT @linnertmb
Hulle is “keelvol”. Dít was die boodskap op ’n vergadering van die sektor 2-polisiëringsubforum van Blue Downs. Daar was geen polisiebeamptes by die vergadering teenwoordig nie. “Die polisie het ’n sekere mandaat. Hulle is hier om ons te beskerm en van diens te wees. Dít is wat hulle móét doen,” het Dawid Ruiters, voorsitter van dié subforum, gesê. “Op Saterdag 7 September omstreeks 20:30 was daar ’n rooftog in London Way, Malibu Village, waar ek by verskeie geleenthede die Kleinvlei-polisie gekontak het.” Hulle kon een van die verdagtes in dié huisroof vang, en die mes afneem wat hy by hom gehad het. Maar Ruiters en sy span moes egter die verdagte laat gaan. “Dit het ’n halfuur vir die polisie geneem om uit te kom en vrae te vra,” sê Ruiters.
Daar is dieselfde nag nog drie keer skote gevuur op Ruiters se buurman, ene Elliot, se huis. Ruiters beweer dit was die verdagte wat dié skietwerk kom doen het. Hy vertel ook van ’n geval op 11 September om 19:00, toe drie verdagtes in ’n afsonderlike voorval betrokke was by ’n rooftog. Ruiters sê hulle het die rooftog sien aankom, want een van die verdagtes het glo oop en bloot met ’n vuurwapern geloop. Ruiters sê toe hy egter die Kleinvlei-polisie bel, moes hy glo hoor: “Verwag jy dan nou die polisievoertuig moet vlieg?” Hy vertel dis toe hy die 10111-noodnommer bel dat daar reaksie was. “Toe daag hulle vinnig op. Maar dit was te laat. Die verdagtes het eenvoudig weggestap, in hul voertuig geklim, en daar is hulle weg,” sê hy. “Dit was tragies, kommerwekkend, want wat moet ons doen as die mense wat ons moet beskerm en van diens wees, nie optree nie?” het Ruiters gesê.
“Ek is klaar met die polisie. Dít is wat gebeur in ons area. Mense, ons hét nie polisie nie,” het hy gesê. “Die polisie kom uit, dan is daar niks bewyse nie. Ons staan nie saam nie. Ek kan nie my lewe opoffer vir polisie wat nie hul werk doen nie. My huis word geteiken, my kinders ly daaronder, maar wat gaan ons doen?” het Ruiters gevra.
Kritiek André Bantom, ondervoorsitter, het ook skerp kritiek gelewer. “Dit gaan oor my veiligheid, my gesin se veiligheid, die gemeenskap se veiligheid. Dis nou al te lank dat ons sê als is wel in ons gemeenskap, terwyl ons weet dit is nié so nie. Ons kla nie. Ons moet ’n slag dít wat ons toekom, eien,” het hy gesê. “Die meeste (misdade) wat gebeur in Kleinvlei, word weggehou van die mense om die beeld van die polisie te poets. Ons moet uit een mond praat,” het hy gesê. “Van 2011 af sukkel ons al só met die poli-
sie. Wat het sedertdien verander? Die misdaad is op, die tik is meer, daar is meer sjebiens oop. Dis tyd dat ons opstaan. “Kol. Stroebel, as u nie bereid is om ons van diens te wees nie, moet u u sakke vat dat ons iemand kan kry wat vir ons omgee. Julle is hier om ’n diens te lewer; julle doen ons geen gunste nie,” het Bantom gesê. Richard Esterhuizen, skoolhoof van die Hoërskool Malibu, het gesê dis nie nét die polisie se skuld as sake agteruitgaan nie. “Dié is ook ’n gemeenskapsprobleem. Misdaad beïnvloed ons almal se lewe, maar as ’n ouer nie eens vir sy eie kind wil uitkom (skool toe) nie, dan moet ons nie die ‘polisieprobleem’ as geïsoleerd sien nie.” Sophia Kannemeyer, ’n gemeenskapsleier van Kleinvlei, het gesê hulle daar het ’n goeie verhouding met die polisie, maar dat “die gemeenskap moet saamstaan en sy stem dik maak”. V Vervolg op bl. 2