EERSTERIVIER
OLD FRUIT VEG SHOP, EERSTERIVER TEL: 021 902 0303
OPEN 7 DAYS Trading Hours:• Mon to Thurs: 8.30am to 6pm • Fri: 8am to 6.30pm• Sat: 8am to 5pm • Sun: 8.30am to 1pm
BEEF LUNGS @
R15
p\kg
Valid from 5th Feb to 9th Feb 2020 X1W0Y0T9-AL050220
Woensdag, 5 Februarie 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
TygerBurger
NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.
Teken in by www.netwerk24.com.
Nuwe uitdagings ‘n Groep seniors van die Proteaville Fitness Club het ten spyte van hul vrese vir die eerste keer einde Desember swemlesse begin neem. Hier is hulle by die swembad in Bellville-Suid saam met Arnold Terhart (links voor), Mary Carelse (hoof van die Proteaville Fitness Club) en Garron Matroos (fasiliteitsbestuurder by die Proteaville Recreation Centre). Lees meer op bladsy 4. FOTO: NIELEN DE KLERK
KLEINVLEI: SOKKERSPELERS SE KLUBGELD GLO AGTERSTALLIG
Spelers ‘gyselaar gehou’ BRENDEN RUITER @ruitervaniewind Verskeie sokkerspelers by ’n klub in Eersterivier voel hulle word deur hul sokkerklub gyselaar gehou omdat hulle glo nie op datum is met hul klubgeld nie. Marshall Jansen sê hy speel sedert die 2014/15-seisoen vir die Kleinvlei FC-sokkerklub en wil nou groener weivelde gaan soek. “Ons is vyf ouens wat nou by ’n ander klub
wil gaan speel, maar die hulpafrigter weier om ons vertrekkaarte te gee. Hy beweer ons skuld nog geld, wat nie waar is nie,” sê Jansen. Die hulpafrigter, Ashley Rangolie, sê die klub wil nie die spelers keer om na ander klubs te gaan nie; hulle wil net hê wat die klub toekom. “Ons was verlede jaar op ’n uitstappie waarvoor ons uitgawes moes aangaan en die spelers het nie daarvoor betaal nie. As deel van hul skeidingsgeld wil ons
WHILE STOCKS LAST OPEN 7 DAYS
net die uitgawes wat ons aangegaan het, verhaal. Waar die skeidingsgeld R150 sou wees, is dit nou R250,” sê Rangolie. Volgens hom kon die probleme al opgelos gewees het as die spelers nie so rondgeval het nie en regstreeks met hulle gepraat het. “Ek hoor hulle was by die plaaslike sokkervereniging (LFA) en by die president. Hulle moes net met ons kom praat het, dan was die probleme opgelos,” sê Rangolie. Bennet Bailey, president van die Suid-
Errors & omissions exempted. We try to ensure that all advertised lines are correct. However if information is printed incorrectly or a mistake occurs we will display the correct information in-store. Prices valid while promotional stock lasts. We reserve the right to limit quantities.
Afrikaanse Voetbalvereniging (Safa) in Kaapstad, sê ingevolge die reëls kan ’n speler ’n klub aan die einde van die seisoen, wat van April tot September strek, gratis verlaat as sy klubgeld op datum is. “Indien klubgeld nie opbetaal is nie, is die speler verplig om ’n bedrag van R150 te betaal en niks meer nie. Soms gebeur dit dat die klubs uitgawes vir die speler aangegaan. As die klub voel ’n speler skuld hom geld, moet hy na die hof vir klein eise gaan,” sê Bailey.
MINI-MARK TRADING HOURS Mon to Thurs: 8.30am to 6pm • Fri: 8am to 6.30pm • Sat: 8am to 5pm • Sun: 8.30am to 1pm