TygerBurger Eerste River - 5 August 2020

Page 1

EERSTERIVIER

EERSTERIVER TEL: 021 902 0303 OPEN 7 DAYS

NEW LOCKDOWN TRADING HOURS

• Mon – Friday 8.30am – 5pm • Sat 8am – 5pm • Sundays 8.30am – 1pm

±700G CHEDDAR OR GOUDA BLOCKS

R7999 EACH

Valid from 5th August to 31st August 2020

X1W991DD-AL050820

Woensdag, 5 Augustus 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

TygerBurger

NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.

Teken in by www.netwerk24.com.

Inbrake in Belhar meer as dubbel

Valhalla Drive closed off

BRENDEN RUITER @ruitervaniewind

About 100 frustrated Kalksteenfontein residents took to the streets on Friday 31 July after being left without electricity since Thursday 30 July as a result of cable theft. Bishop Lavis police spokesperson WO Joseph Swartbooi said it’s alleged that cables were stolen in the area.

MFULENI: GEVIND IN AS EN BOSSE TYDENS PROTESAKSIES

Kinderlykies gevind BRENDEN RUITER @ruitervaniewind

D

ie Mfuleni-polisie het verlede week die skok van hul lewe gekry toe hulle die lyke van twee babas binne minder as ’n kilometer van mekaar opgetel het. Die lyke van die babas was so erg verbrand dat hulle nie uitgeken kon word nie. Volgens ao. November Filander, polisiewoordvoerder, is die eerste lykie op Woensdag 29 Julie omstreeks 07:50 gevind. “Die eerste lykie is in Congo-straat in Happy Valley gevind. Wat die polisie geskok het, is dat die lykie gevind is tussen die as van goed wat tydens protesaksie aan die brand

gesteek is. Donderdag 30 Julie is die tweede lykie tussen die bosse tussen Happy Valley en die Bardale Village-woonstelkompleks gevind,” sê Filander. Die noordelike voorstede van Kaapstad gaan die laaste ruk gebuk onder gewelddadige protesaksie en onwettige grondbesetting. Verlede week het ’n groep probeer om die grond langs die Laerskool Happy Valley te beset, maar is deur wetstoepassers en ’n private sekerheidsmaatskappy verwyder. Filander sê die omstandighede waaronder die kinders gesterf het, is nie bekend nie, maar dit sal hartseer was as dit met protesaksie te doen het. “Dit gaan tans moeilik met mense en hulle is moedeloos, maar dit is

steeds hul plig om kinders te beskerm. Ons wag nog vir die uitslae van die lykskouings, maar ’n geregtelike doodsondersoek is geopen,” sê Filander. Hy het mense wat inligting oor die dood van die twee kinders het gevra om met die polisie in kontak te kom. Lourna Frieselaar, voorsitter van die Mfuleni-gemeenskapspolisiëringsforum, sê sy is geskok oor die lyke wat gevind is. “Ek het regtig nie woorde om die wreedheid van die dood van ’n kind te kan beskryf nie. “Was dit moord of ongelukke? In hierdie stadium weet ons nie, maar wat ook al die omstandighede, dis hartseer,”

Kontakmisdaad in die gebiede wat deur die Kleinvlei-polisie bedien word, het die afgelope boekjaar met 7,7% toegeneem. Seksmisdade het met 5,9% toegeneem. Die minister van polisie, Bheki Cele, het Vrydag die nasionale misdaadstatistieke bekend gemaak. In sy toespraak het Cele daarna verwys dat kontakmisdaad soos moord nasionaal afgeneem het. Dieselfde kan ongelukkig nie van die Kleinvlei-gebied gesê word nie. Moord het met 24,6% toegeneem en poging tot moord met 30,3%. Seksmisdade soos verkragting (8,7%) en seksuele aanranding (7,1%) het met 5,9% toegeneem. By die naburige polisiekantoor, Mfuleni, het moord met 7,1% gestyg. Altesaam 165 moorde is in die boekjaar aangemeld. Seksmisdade toon ’n afname van 6,6%. Mfuleni tel egter onder die voorste 30 polisiekantore in die land wat misdaad betref, met ’n algehele toename van 120%. In Belhar het inbraak by huise met 216,7% toegeneem en motorkapings met 82,4%. Seksuele aanranding het met 13,3% toegeneem. Motordiefstal, wat motorfietse ook insluit, het met 65% toegeneem. In die nabygeleë Delft is daar ’n groot toename van 96,1% in winkeldiefstal. Seksuele aanranding het met 31,7% toegeneem. Julian Untank van die Concerned Residents against Crime, sê hul organisasie stem nie saam dat die misdaadsyfers akkuraat is nie. “Mense is al moedeloos oor die polisie se onbevoegdheid. Hulle gaan nie eens meer na die polisiekantoor om sake aan te meld nie, want hulle weet dit gaan óf sloer óf daar sal glad niks van kom nie. Daar is nie meer ’n vertrouensverhouding tussen die polisie en die gemeenskappe nie,” sê Untank.

MINI-MARK

WHILE STOCKS LAST • OPEN 7 DAYS

ERRORS AND OMISSIONS EXCEPTED. WE TRY TO ENSURE THAT ALL ADVERTISED LINES ARE CORRECT. HOWEVER IF INFORMATION IS PRINTED INCORRECTLY OR A MISTAKE OCCURS WE WILL DISPLAY THE CORRECT INFORMATION IN-STORE. PRICES VALID WHILE STOCK LASTS. WE RESERVE THE RIGHT TO LIMIT QUANTITIES. X1W96QF1-AL050820


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.