TygerBurger Eerste River - 26 August 2020

Page 1

EERSTERIVIER NEW LOCKDOWN TRADING HOURS

• Mon to Fri 8:30am to 6pm • Sat 8am to 5pm • Sun 8:30am to 1pm

R5000

valid from 26th August to 30th August 2020!! X1WA5N3R-AL260820

Woensdag, 26 Augustus 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

TygerBurger

Happy Valley nie ‘happy’ ’n Kind speel in ’n straat in Happy Valley waar riool vrylik vloei. Inwoners van Happy Valley voel daar word nie aandag aan hul probleme gegee nie. Riool- en kragprobleme is ’n algemene gesig. FOTO: BRENDEN RUITER

SILVERSANDS: KLAGTES VAL OP DOWE ORE

Slaggate ‘gevaarlik’ BRENDEN RUITER @ruitervaniewind

I

nwoners van Silversands voel hul klagtes val op dowe ore oor die toestand van die paaie waarop hulle daagliks moet ry. Verskeie paaie het slaggate, wat deur minstens een inwoner as “kraters” beskryf is. Die slaggate is veroorsaak deur die onlangse swaar reën – ander weer was altyd daar, maar het net nou groter geword. Isaac Stevens, ’n inwoner van Silversands, sê die slaggate is nie meer net gevaarlik vir motors nie, maar kan ook lewensgevaarlik wees. “Om jou motor te beskerm moet jy om die

gate ry en dit kan maak dat jy teen aankomende verkeer inry. In Hindleweg, regoor die Shoprite-winkelkompleks, is die slaggate so erg dat dit op besige dae verkeersknope veroorsaak, want padgebruikers moet teen ’n slakkepas ry,” sê Stevens. Volgens hom het hy gesien daar was pogings om die gate te herstel, maar sommige is al verby herstel. “Ek is nie ’n kenner van paaie nie, maar ek vermoed hulle sal groot gedeeltes van die paaie heeltemal moet oordoen,” sê hy. Sharon Cookson, nog ’n inwoner, sê sy het al ’n band verloor weens ’n gat in die pad. “Ek het een aand gery en nie die gat in die pad in Nooiensfonteinweg gesien nie en

skielik het ek net gevoel my band is daarmee heen. Ek was vrou-alleen op ’n donker pad en het besluit om met die pap band tot by die huis te ry, want dit was te gevaarlik om dit om te ruil. Ek het al met verskeie mense gesels wat ook al oor die toestand van die paaie gekla het,” sê Cookson. TygerBurger het die plaaslike raadslid, Thembisile Bathembu, gevra of en wanneer daar aandag aan die paaie gegee gaan word. “Ek is bewus daarvan dat die goeie reën die afgelope tyd skade aan die paaie aangerig het. Dit is iets wat ons nie kon voorsien het nie. Ek het reeds die nodige departement in kennis gestel en die paaie gaan hopelik binnekort herstel word,” sê Bathembu.

’n Motoris ry in Bardaleweg met ’n slaggat wat op hom wag. FOTO: BRENDEN RUITER

MINI-MARK

WHILE STOCKS LAST • OPEN 7 DAYS

ERRORS AND OMISSIONS EXCEPTED. WE TRY TO ENSURE THAT ALL ADVERTISED LINES ARE CORRECT. HOWEVER IF INFORMATION IS PRINTED INCORRECTLY OR A MISTAKE OCCURS WE WILL DISPLAY THE CORRECT INFORMATION IN-STORE. PRICES VALID WHILE STOCK LASTS. WE RESERVE THE RIGHT TO LIMIT QUANTITIES. X1WA5CB9-AL260820


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
TygerBurger Eerste River - 26 August 2020 by Tygerburger Newspaper - Issuu