TygerBurger Eerste River - 24 February 2021

Page 1

EERSTERIVIER

EERSTERIVER TEL: 021 902 0303 Trading Hours: Mon to Thurs: 8.30am to 6pm Fri: 8am to 6.30pm • Sat: 8am to 5pm • Sun: 8.30am to 1pm

Valid from 25th February to the 1st March 2021 X1WJWA59-AL240221

Woensdag, 24 Februarie 2021 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

TygerBurger

NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.

Teken in by www.netwerk24.com.

Hierdie skool onder die bome is volgens die WKOD onwettig.

EERSTERIVIER: WKOD SÊ AKSIE IS ONWETTIG

Skool onder ’n boom BRENDEN RUITER @ruitervaniewind

’n

Groep van 100 kinders van Forest Village in Eersterivier gaan buite skool omdat daar geen skole in die omgewing is nie. Die Wes-Kaapse regering het onlangs tientalle gesinne uit verskillende gebiede in Eersterivier hervestig. Dié hervestiging het daartoe gelei dat kinders nie by skole naby aan hul nuwe blyplekke ingeskryf is nie. Die probleem is net vergroot omdat die Wes-Kaap onder normale omstandighede ’n gebrek aan skole het. Debbie Schäfer, die provinsiale onderwysminister, het verlede week gesê die provinsie sukkel om voor te bly met die bou van skole weens onder meer

die toestroming van leerders uit ander provinsies. Yolanda Matola, wat namens die leerders praat, sê sedert die mense verlede jaar hierheen geskuif het sukkel die ouers om hul kinders in skole te kry. “Ons het by verskeie plekke navraag gedoen of daar nie plekke in skole is nie. Daar is selfs ’n versoek dat die kinders in skeepsvraghouers skoolgaan, maar ons kry nêrens hulp nie. Die meeste mense hier werk nie en kan nie hul kinders terugstuur na skole waar hulle vandaan kom nie, dus het hulle besluit om die kinders onder die bome te onderrig,” sê Matola. Op sosiale media het mense begin vra waar is die plaaslike raadslid, Jerome Fitz, terwyl die kinders in weer en wind skoolgaan. Fitz sê by navraag hy weet van die situ-

WHILE STOCKS LAST OPEN 7 DAYS

asie, maar dit is nie in sy jurisdiksie nie. “Mense het al by my gekla, maar skole is nie deel van die Stad Kaapstad se werk nie. Dit val onder die provinsiale onderwysdepartement,” sê Fitz. Die Wes-Kaapse Onderswysdepartement (WKOD) sê by monde van Bronagh Hammond, woordvoerder, dat dié departement nie geboelie gaan word om ’n nuwe skool te bou nie. “Die WKOD is daarvan bewus dat ’n onwettige skool in Forest Village bedryf word. Sekere gemeenskapslede dring daarop aan dat die WKOD ’n skool by ’n nuwe ontwikkeling bou en die stigting van die onwettige skool is ’n poging om die departement te dwing om die skool te bou. Ons is in die verlede met dieselfde ding gekonfronteer waar onderwysers werk soek deur sulke

Errors & omissions exempted. We try to ensure that all advertised lines are correct. However if information is printed incorrectly or a mistake occurs we will display the correct information in-store. Prices valid while promotional stock lasts. We reserve the right to limit quantities.

aksies deur gemeenskapslede,” sê Hammond. Volgens Hammond het die departement teen die einde van verlede jaar alternatiewe laer- en hoërskole vir die leerders aangebied. “Al hierdie aanbiedinge is van die hand gewys of daar was voorwaardes dat bestaande onderwysers gebruik word of dat ’n nuwe skool gebou word. Ons kan nie net onderwysers aanstel of nuwe skole bou nie. Faktore wat in ag geneem moet word, is dat ander gebiede ernstiger uitdagings het en dit ons prioriteit is. Wanneer ons direk met ouers praat en nie met die sogenaamde taakspan nie, aanvaar hulle ons standpunt en het sekere leerders reeds skole gevind,” sê Hammond. V Na bladsy 6.

MINI-MARK TRADING HOURS Mon to Thurs: 8.30am to 6pm • Fri: 8am to 6.30pm • Sat: 8am to 5pm • Sun: 8.30am to 1pm

7435HGD-AL240221


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
TygerBurger Eerste River - 24 February 2021 by Tygerburger Newspaper - Issuu