EERSTERIVIER & BLUE-DOWNS
EERSTERIVER TEL: 021 902 0303
OPEN 7 DAYS
Trading Hours: Mon to Thurs: 8.30am to 6pm Fri: 8am to 6.30pm • Sat: 8am to 5pm • Sun: 8.30am to 1pm
BUY 2X
APPLY NOW!
INSTITUTE OF APPLIED ARCHITECTURE
TYGERVALLEY & CLAREMONT
CERTIFICATES (NQF 4&5)
250G SHOULDER BACON
DIPLOMAS (NQF 6)
R55
ADVANCED DIPLOMAS (NQF 7)
@
valid from 18th November to 22nd November 2020 X1WEA039-AL181120
Woensdag, 18 November 2020 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za
www.cad4all.co.za @TygerBurger
TygerBurger
Riool borrel uit ’n drein in Silversands. Volgens inwoners is dit ’n algemene gesig. FOTO: BRENDEN RUITER
SILVERSANDS: INWONERS IS SAT VIR PROBLEEM
Riool vloei deur strate BRENDEN RUITER @ruitervaniewind Ná talle klagtes vloei die riool steeds deur die strate van Silversands as gevolg van die oorloop van dreine. TygerBurger het onlangs berig die inwoners van Silversands kan nie eens hul vensters oopmaak nie, want dan stink dit in hul huise. Leerders by die twee skole in Silversands moet ook gereeld ompaaie loop omdat die
paaie vol ontlasting lê. Verlede week het ses mense TygerBurger gekontak om te kla oor die stank in die buurt. Op besoek aan die buurt het riool vrylik uit minstens drie dreine geloop. Abigail Adams, ’n jare lange inwoner van Silversands, sê hulle is moedeloos. “Vandat ek kan onthou, bestaan die probleem en ek voorsien nie dat dit binnekort opgelos gaan word nie. ’n Mens kan nie eens eet sonder om die reuk van die dreine te kry nie. Ons maak nie eens meer ons voordeur
oop nie, want binne minute is die stank in die huis,” sê Adams. Justin April, nog ’n inwoner, sê sy geduld is byna op. “Elke keer kom hier mense wat kamstig die dreine regmaak, maar net ’n dag of twee nadat hulle weg is, begin dit weer. “Iewers is groot fout, maar niemand kom sê ons wat aangaan nie. Ons is op datum met ons dienstegeld, maar ons dienste is nie op datum nie,” sê April. Pakamisa Keswa, voorsitter van die plaaslike belastingbetalersvereniging, sê inwo-
ners van Silversands voel hulle is nie belangrik genoeg sodat dienste gelewer kan word nie. “As die probleem in enige ander buurt was, sou dit lankal opgelos gewees het. As daar ’n probleem is, wat is die probleem? “Hierdie situasie is ondraaglik en ons word nie eens belangrik genoeg geag dat hulle op ons boodskappe reageer nie,” sê Keswa. TygerBurger het navrae aan die Stad Kaapstad gerig en sal in opvolgberigte die Stad se kommentaar byvoeg.
MINI-MARK
WHILE STOCKS LAST • OPEN 7 DAYS
.
ERRORS AND OMISSIONS EXCEPTED. WE TRY TO ENSURE THAT ALL ADVERTISED LINES ARE CORRECT. HOWEVER IF INFORMATION IS PRINTED INCORRECTLY OR A MISTAKE OCCURS WE WILL DISPLAY THE CORRECT INFORMATION IN-STORE. PRICES VALID WHILE STOCK LASTS. WE RESERVE THE RIGHT TO LIMIT QUANTITIES.