EERSTERIVIER
OLD FRUIT VEG SHOP, EERSTERIVER TEL: 021 902 0303
IN FULL BLOOM!
OPEN 7 DAYS
CAPE DAISY
16th October until 20th October 2019
Trading Hours:• Mon to Thurs: 8.30am to 6pm • Fri: 8am to 6.30pm• Sat: 8am to 5pm • Sun: 8.30am to 1pm
WAS R69.95
K&K FROZEN MIXED PORTIONS
NOW
Offer valid until 20 October2019
26.95
R19900
www.stodels.com
LEKKER EET VIR MIN GELD!
X1VQVQQB-AL161019
Woensdag, 16 Oktober 2019 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
X1VR2F5T-AL161019
TygerBurger 11 tydskrifte + 35 koerante
NETWERK24. ALLES OP EEN PLEK.
Teken in by www.netwerk24.com.
Beeste wei langs Nooiensfonteinweg.FOTO: TARRYN-LEIGH SOLOMONS
NOOIENSFONTEINWEG: BEESTE WEI LANGS PAD
Rondloperbeeste spel gevaar BRENDEN RUITER @ruitervaniewind
I
nwoners van Silversands en omgewing is keelvol vir die beeste wat in hul buurte wei en ’n gevaar vir motoriste inhou. Verskeie mense het TygerBurger genader om te kla oor die beeste wat die strate bewandel en sonder toesig oor paaie stap. Isaac Stevens, ’n inwoner van Silversands, sê dit is veral saans en in spitsverkeer wat die beeste ’n probleem word. “Wanneer ’n mens hulle sien, is dit bykans te laat. Die ander ding is dat ’n mens nie kan voorspel wat die beeste volgende gaan doen nie. Wat nou as hulle
teen ’n voertuig vashardloop? Wie gaan betaal? Iemand gaan nog lelik seerkry as hulle die beeste tref,” sê Stevens. Justin April, nog ’n inwoner, sê hy het al byna teen een van die beeste vasgery. “Soos ek verstaan is dit mense wat labola vir hul kinders ontvang en dan die beeste in die woonbuurte laat loop. Een van die grondeienaars het onlangs heinings om die grond gesit waar die beeste gewei het en dit veroorsaak nou dat daar meer beeste in die strate is,” sê April. Thembisile Batembu, raadslid vir Silversands, sê hy is bewus van die probleem en dit is al op subraadvlak bespreek.
“Ons het met die Stad Kaapstad se wetstoepassers in aanraking gekom en hulle het probeer uitvind wie die eienaar van die beeste is. Hulle gaan in ’n opvolgvergadering terugvoer gee. In hierdie stadium blyk dit of die beeste uit Mfuleni se kant kom en ons het al klagtes ontvang dat hulle so ver as Highbury Park wei,” sê Batembu. Roelof Marais, raadslid vir die aangrensende Blackheath, wat die woonbuurt Happy Valley insluit, sê hy het alles probeer om die probleem met die rondloperbeeste op te los. “As ek die Stad se wetstoepassers bel. kom hulle uit, maar dit blyk daar is nie tans plek om die diere te skut nie. By geleentheid
het ek al die dierebeskermingsvereniging gebel, maar as hulle kom, kyk hulle net na die toestand van die beeste. As dit dan bevredigend is, laat hulle weer die diere gaan. “Wanneer ’n motor ’n bees tref bly daar gewoonlik bitter min van die motor, die bees of die mens oor,” sê Marais. Hy sê dit lyk of die meeste beeste nou meer aan Silversands se kant is, hoewel hy nog elke nou en dan klagtes ontvang. “Iemand het reeds op die Blackheath-Facebookblad gevra waar die beeste is, want hy het vleis nodig vir die feestyd,” skerts Marais. VVertel TygerBurger wat jy van hierdie berig dink by briewe@tygerburger.co.za.
Errors & omissions exempted. We try to ensure that all advertised lines are correct. However if information is printed incorrectly or a mistake occurs we will display the correct information in-store. Prices valid while promotional stock lasts. We reserve the right to limit quantities.
LEKKER EET VIR MIN GELD!
WHILE STOCKS LAST OPEN 7 DAYS
WIN A
R500
SHOPPING VOUCHER
SPEND R200 OR MORE AND GET ENTERED SPEND IT @ OUR BUTCHER OR MINI MARKET DRAW WILL BE ON THE LAST DAY OF THE MONTH Pop your till slip at the boxes provided in store Enter as many times as you like Put your name and telephone number at the back of your receipt Entries close 25th of every month, draw last day of the month. X1VR2F5R-AL161019